Straeuli sê nee vir Van Graan se pos by Bulle

Rudolf Straeuli – hy bly by die Lions

Sukkel die Blou Bulle Maatskappy (BBM) om ʼn geskikte opvolger vir hul uitvoerende hoof, Barend van Graan, te kry?

Van Graan se verlengde kontrak verstryk aan die einde van Januarie, maar daar is steeds geen aankondiging oor wie sy opvolger sal wees nie.

Toe die nuus einde Junie, meer as drie maande gelede, bekend gemaak is dat Van Graan se kontrak ná samesprekings met hom nie verder verleng sal word nie, was die gedagte juis om sy opvolger kans te gee om ʼn ruk saam met Van Graan te werk sodat hy teen einde Januarie in sy pos gevestig sal wees.

♦ Dinsdag het Rudolf Straeuli, wat dieselfde pos by die Lions Maatskappy (Edms.) Beperk beklee, aan die media beklemtoon dat hy nie om die pos by die BBM aansoek gedoen het nie. Hy is glo deur die BBM genader om aan die onderhoude vir die keuringsproses deel te neem.

Straeuli sê dit sou in die eerste plek onregverdig wees teenoor kandidate wat vir Van Graan se pos aansoek gedoen en vir die onderhoud voorberei het; en hy sê voorts dat hy boonop nog te veel doelwitte het wat hy by die Leeus wil verwesenlik.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Daniel ·

…. net soos die Zuptas die land in die afgrond in het…., so is die eens magtige Bulle. Dis hartseer. Dalk moet regter Zondo ‘n draai op Loftus maak…

Albert ·

Die BBM moet baie seker maak dat hulle raak vat met n person wat besigheid verstaan, want al is sport betrokke is dit nou n besigheids beginsels wat die wa uit die modder gaan kry. Die Bulle is van magtig tot in die moeilikheid gebestuur weens besluite wat nie goed bereken was nie en daarom moet die person wat in stap die toue gou kan vasvat en die Bulle weer op n pad kry dat hul weer n sterk maatskapy en unie kan wees.
Dus is dit nie net belangrik om die regte person in Van Graan se plek te kry nie maar ook die afrigter van die superspan moet daar raak gevat word dat die person nie op n kort termyn afrig en weg hardloop nie hy moet tenminste n permanente tydperk uit dien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.