Straks Sondagrugby oor nuwe reeks se borgskap

sa-rugby-logo-cropRugby op Sondae is waarskynlik Suid-Afrika se voorland.

Geskoei op die ou Vodacombeker-reeks wat in 2015 doodgeloop het, dring die nuwe borg – wat aan Pale Toe! bekend is – glo aan op Sondagrugby. Wedstryde op Vrydae en Saterdae sal die borg se blootstelling tydens die Superrugby-seisoen verwater.

Pale toe! het op goeie gesag verneem dat die nuwe reeks, waaraan Suid-Afrika se veertien provinsiale unies gaan deelneem, waarskynlik op 22 April (wat ’n Saterdag is) afskop. Dit mag egter Sondag die 23ste word.

ʼn Aantal unies is gekant teen Sondagrugby. Maar, is aan Pale toe! gesê, die enigste manier wat dié reeks gebeeldsend kan word, is as van die wedstryde op Sondae beslis word.

Die kanse lyk goed dat die borg wel sy sin sal kry. ’n Aantal Superwedstryde word reeds vanjaar op Sondae gespeel.

ʼn Ander rede vir die vertraging van die nuwe kompetisie se aankondiging is glo dat van die spanne steeds besig is om oor datumverskuiwings te onderhandel – onder meer glo omdat dit met hul tuiswedstryde in die Superreeks sal bots.

Die nuwe reeks sal glo uit twee groepe bestaan waarna die boonste vier spanne in elke groep in die kwarteindronde gaan speel.

Dit beteken dat die span wat uiteindelik as kampioen gekroon word, ses groepwedstryde, ’n kwarteind-, ’n halfeindronde en ’n eindstryd sal speel. ’n Totaal van nege wedstryde, beginnende by die naweek van 22 April, beteken dat die eindstryd die naweek van 16 Junie beslis sal word.

Die eindstryd van die Varsitybekerreeks word op Maandag 17 April beslis. Dit het die nadeel dat, indien ’n span soos die Pukke wat verskeie Luiperdspelers in hulle geledere het, in die eindstryd speel, die einste spelers op enkele uitsonderings na waarskynlik minder as ’n week later die Luiperdtrui in die nuwe reeks oor hulle koppe sal moet trek.

In 2016 is die eindstryd om die Varsitybeker op Maandag 11 April beslis. Vyf dae later het Jonathan Mokuena, afrigter van die Pukke in die Varsitybekerreeks én daarna die Luiperds, se veldtog in die provinsiale reeks katastrofies begin toe hulle 76-26 deur die Griffons in Welkom opgefrommel is.

Benewens die wen van die reeks wat in die tyd van die Vodacombeker heelwat prestige gedra het, word daar ook om die sewende plek in die Curiebeker se Premierliga geveg.

Daar word verneem dat die Sharks, WP, Vrystaat Cheetahs, Goue Leeus, Griekwas en Blou Bulle later vanjaar saam met nog een span in die Premierliga van die Curriebeker gaan deelneem. (Die Kings is nie in die uitsoekgroep nie, hoofsaaklik omdat hy nie die finansies het om ʼn mededingende span in stand te hou nie.)

Die sewe spanne in die Premierliga sal vir elke unie drie tuis- en drie wegwedstryde beteken.

Wie gaan die sewende span wees? Dit is na verneem word tussen die Boland en die Pumas.

Die Boland het verlede jaar sewende en die Pumas agste in 2016 die Premierliga van die Curriebekerreeks geëindig wat tussen nege spanne beslis is. Maar wat is vir die wenner van die nuwe kompetisie op die spel?

Die nuwe reeks sal uitsluitsel kan bring, met die Curriebekerbepalings wat waarskynlik weer ʼn Span X op die bepalingslys sal insluit.

Soos die Vrystaat Cheetahs en die Goue Leeus is die spanne wat hulle verlede jaar in die Provinsiale Reeks verteenwoordig het, ‘XV-talle’ genoem, omdat die sogenaamde kwalifiserende Curriebekerreeks as ’n afgewaterde affêre beskou is.

Met baie van die groot unies se topspelers by Superrugby betrokke, sal dit waarskynlik hulle derde en vierde keusespelers wees wat gaan deelneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Seeklong ·

Nie baie mense gaan saam met my stem nie, hierdie is egter net ‘n bewys hoe Satan mense verder en verder die afgrond intrek. Gelukkig het mense ‘n keuse, myne bly God eerste, ook op ‘n Sondag.

Connie ·

Stem saam met jou. Wie is die “Nuwe Borg”? Die duiwel hardloop loshande rond in hierdie land van ons. Wonder wat sal gebeur as die spelers weier om op Sondag te speel. Ek het toe dit van my verwag was.

Sabbat ·

Julle weet natuurlik dat die bybelse Sabbat eintlik ‘n Saterdag is ne?

jan karsten ·

Stem 100% saam met jou. Satan is hard aan die werk soos ‘n brullende leeu en ek sal nie Sondag sport goedkeur, bywoon of op TV kyk nie.

Henk ·

Seeklong, ek en baie ander mense stem eenhonderd persent saam met jou. Ons moet net van die begin af ń besluit maak om glad nie huerdie wedstryde te kyk nie, net soos ons huidiglik geen super rugby op Sondae kyk nie.

Nico K ·

In SA gaan kyk niemand op ‘n Sondag rugby nie. Niemand wil laat op Loftus bly en die volgende oggend gaan werk nie. Ek weet hulle doen dit vir uitsaai regte, masr hulle gaan voor leë pawiljoene speel.

Theresa B ·

Jip – Stem saam Seeklong. En die Satan IS besig onder die mensdom. Amazing – lyk of hy al hoe meer en meer siele werf.

Leonie ·

Wonder wie gaan nou rugby kyk. As helfde van die stadions toe maak weens verlies van inkomste moet hulle nie vra hoekom nie!!

Riaan Malan ·

Die wat nou so teen sondag rugby gekant is,kyk julle 6 nasies op n sondag met n bier in die hand en n vuur wat buitebrand.Ek bly steeds n christen al ondersteun ek sondag sport,alle ander sport speel sondae hoekom kan rugby nie.Krieket en sokker stadions word volgepak op n sondag

Smirre ·

Net so Riaan. Wat van die polisiemanne, verpleeg personeel, besigheidsmanne, ens wat op Sondae werk.

Smarties ·

Ek stem saam met jou Riaan. Dalk moet ons nie so kleinserig wees nie.

Wat van die polisiemanne, verpleeg personeel, besigheidsmanne, ens wat op Sondae werk?

Doep ·

Dis in elke geval, ‘n afgewaterde reeks. Hulle kan dit op enige dag speel. Min ouens gee om, dalk die unie wat iets prober wen het laasjaar.

Mnr Dopson van die weepie het ‘n 2de handse trofee by ‘n pandjieswinkel gaan aanskaf, dit die Dopson beker gedoop en ek glo dus dat die weepie met ‘all guns blazing’ gaan poog om die Dopson beker te behou.

Die res van die top unies gee nie om wie wen dit nie en die kleintjies prober so goed moontlik eindig om dat Currie Beker rugby te speel.

Robert ·

Nico, lees weer die berig. Die borge wil die wedstryd lewendig gebeeld saai hê en dit sal moontlik nt op Sondae gebeur. Die toeskouers is nie prioriteit hier nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.