Strawwe stryd in Mpumalanga te wagte

Die deelnemers aan die Mpumalanga-rugbyunie (MRU) se Burgemeestersliga spook nog om ʼn pikorde te vestig en ʼn klompie strawwe kragmetings kan Saterdag verwag word.

In die Hoëveldse Burgemeestersliga is dit veral die wedstryd tussen Ermelo en Highveld wat die aandag trek; en dié tussen Loskop en Carolina kan ook ʼn lewendige mededinging oplewer.

Die verdedigende kampioen, Standerton, is reeds weer die voorloper en die enigste onoorwonne span dusver vanjaar. Hy speel teen die agteros, Matla, en behoort te wen.

Dieselfde geld vir Bethal wat tweede is, en teen Tigers van Kinross (sesde) speel.

Laeveld

In die Laeveldse Burgemeestersliga speel die Rooikatte (Lydenburg) teen Barberton, wat vanjaar sy 120ste verjaardag vier; en Ratels (Pelgrimsrus) teen Malelane.

Belfast I speel teen Malelane II.

Die bond se Premierliga skop eers op 22 April af.

Opgesomde punteleer –

Hoëveldse Burgemeestersliga

Standerton 14, Bethal 11, Ermelo 9, Highveld 9, Loskop 7, Matla 5, Carolina 4, Tigers 0.

Laeveldse Burgemeestersliga

Pumbas (Acornhoek) 10, Ratels 9, Impala (Komatipoort) 7, Barberton 7, Malelane 6, Rooikatte 0.

Hoëveldse Burgemeestersreserweliga

Middelburg III 15, Sasol III 12, Standerton II 8, Highveld II 8, Emba I 5, Carolina II 2, Loskop II 1, Ermelo II -3.

Laeveldse Burgemeestersreserweliga

Ngodwana I 14, Rooikatte II 10, Belfast I 5, Malelane II 4, Barberton II 3, Pumbas II 1.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.