Strawwer halfeindstryde kon Oos-Kaap kwalik vra

ooskaapwapenVir ʼn strawwer halfeindronde as Saterdag sʼn in die Super 12-reeks kon die Oos-Kaapse rugbygemeenskap kwalik vra.

Selfs nie die twee keer se uitstel en die hofgeding, het die reeks se tradisionele mededingendheid aangetas nie.

Op die koop toe kan niks groter reg aan die reeks laat geskied nie as dat die deelnemende bonde, die Oostelike Provinsie en Grens, se kampioene in die eindstryd teen mekaar te staan kom.

Die Uitenhaagse derby tussen die verdedigende kampioen, Gardens, en sy buurman Progress het in elke opsig aan die verwagtinge voldoen.

Gardens, wat ook die OP-kampioen is, het Progress uiteindelik met ‘n enkele punt met 21-20 getroef.

Die Grens-kampioen, Oos-Londen Polisie, het op sy beurt met slegs twee punte teen Spring Rose van New Brighton gewen: met 32-30.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.