Streeptruie kies nuwe losskakel teen Pumas

Die Westelike Provinsie het ʼn nuwe losskakel gekies vir sy wedstryd Saterdag teen die Pumas op Nuweland.

Damian Willemse sal sy debuut vir die Streeptruie maak.

Daarbenewens is daar nog ses veranderinge, een posisioneel, aan die opdrafspan.

In die agterlyn vervang Dillyn Leyds vir Bjorn Basson op die regtervleuel, en EW Viljoen vir Michael Hazner op buitesenter.

Die flank Kobus van Dyk skuif na die ander kant van die skrum om vir Steph de Wit plek te maak, met Johan du Toit wat op die bank beland.

Die Springbok Nizaam Carr vervang die beseerde Sikhumbuzo Notshe.

In die voorry maak Wilco Louw en Ramone Samuels onderskeidelik plek vir Frans van Wyk (loskopstut) en nog ʼn Bok, Bongi Mbonambi (haker).

Die span –

15. SP Marais, 14. Dillyn Leyds, 13. EW Viljoen, 12. Dan Kriel, 11. Seabelo Senatla, 10. Damian Willemse, 9. Justin Phillips, 8. Nizaam Carr, 7. Kobus van Dyk, 6. Steph de Wit, 5. JD Schickerling, 4. Chris van Zyl (kaptein), 3. Frans van Wyk, 2. Bongi Mbonambi, 1. Ali Vermaak. Bank: 16. Scarra Ntubeni, 17. JC Janse van Rensburg, 18. Michael Kumbirai, 19. Johan du Toit, 20. Jaco Coetzee, 21. Jano Vermaak, 22. Michal Hazner.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.