Streeptruie, Sharks mik na voortou

Die Westelike Provinsie en die Sharks, albei onoorwonne, behoort Saterdag voluit te gaan om die voortou in die reeks om die Curriebeker te neem.

Albei het 15 ligapunte ná drie kragmetings, en nog ʼn voltal sal hulle met 20 boaan die punteleer plaas.

Die WP behoort Griekwas op Nuweland te klop, en of die Goue Leeus die Sharks op Kingspark kan laat struikel, is te betwyfel.

Wat ʼn batige punteverskil betref, het die Streeptruie ʼn voorsprong van 52 op die Sharks, en dis onwaarskynlik dat die Durbaniete dit teen die Leeus sal inhaal.

Vrystaat kon nog nie vanjaar in die reeks wen nie, en die kans is skraal dat hy dit Vrydag in sy laaste wedstryd teen die Pumas sal regkry, selfs al speel hulle in Bloemfontein.

Eerste Liga

As die Luiperds nie vir Grens in Potchefstroom onderskat nie, behoort dié span sy onoorwonne rekord in die Eerste Liga ongeskonde te hou.

Boland sal die Valke op Lambertsbaai moet troef, as hy wil aanhou saampraat, maar hy kan dalk sukkel.

Op Despatch kan die verdedigende kampioen, die Griffons, sy eerste wedstryd vanjaar wen. Die Oostelike Provinsie sal dit egter ewe graag wil doen.

Die bepalings –

Vrydag

Curriebeker

17:00 Vrystaat teen Pumas, Vrystaat-stadion, Bloemfontein

Eerste Liga

17:00 Luiperds teen Grens, Fanie du Toit-sportterrein, Potchefstroom

Saterdag

Curriebeker

17:15 Sharks teen Goue Leeus, Kingspark, Durban
19:30 WP teen Griekwas, Nuweland, Kaapstad

Eerste Liga

14:00 Boland teen Valke, Lambertsbaai
15:00 OP teen Griffons, WJ de Wet-stadion, Despatch

Die spanne –

Vrystaat

15 Adriaan Carelse, 14 Ali Mgijima, 13 Carel-Jan Coetzee, 12 Tertius Kruger, 11 Vuyani Maqina, 10 Ernst Stapelberg, 9 Rudy Paige (kaptein), 8 Daniël Maartens, 7 Jannes Snyman, 6 Abongile Nonkontwana, 5 Louis Conradie, 4 Dennis Visser, 3 Reinach Venter, 2 Elandré Huggett, 1 Johan Kotzé. Bank: 16 Hanno Snyman, 17 Stephan van Schalkwyk, 18 Nardus Erasmus, 19 Luigy van Jaarsveld, 20 Dian Badenhorst, 21 Reinhardt Erwee, 22 Maputa Dolo.

Pumas

15 Devon Williams, 14 Morné Joubert, 13 Neil Maritz, 12 Ryan Nell, 11 Ruwellyn Isbel, 10 Chris Smith, 9 Stefan Ungerer, 8 Jeandré Rudolph, 7 Willie Engelbrecht, 6 Marnus Schoeman, 5 Hugo Kloppers (kaptein), 4 Le Roux Roets, 3 Andrew Beerwinkel, 2 Marko Janse van Rensburg, 1 Morgan Naudé. Bank: 16 Simon Westraadt, 17 De-Jay Terblanche, 18 Cameron Lindsay, 19 Francois Kleinhans, 20 Abrie Griesel, 21 Kobus Marais, 22 Henko Marais.

Sharks

15 Curwin Bosch, 14 Kobus van Wyk, 13 Jeremy Ward, 12 Marius Louw, 11 Lwazi Mvovo, 10 Robert du Preez, 9 Louis Schreuder, 8 Daniël du Preez, 7 Tyler Paul, 6 Luke Stringer, 5 Hyron Andrews, 4 Gideon Koegelenberg, 3 Thomas du Toit, 2 Chiliboy Ralepelle (kaptein), 1 Juan Schoeman. Bank: 16 Akker van der Merwe, 17 Coenie Oosthuizen, 18 Ruben van Heerden, 19 Jacques Vermeulen, 20 Cameron Wright, 21 Sbu Nkosi, 22 Aphelele Fassi.

Goue Leeus

15 Andries Coetzee, 14 Sylvian Mahuza, 13 Lionel Mapoe, 12 Howard Mnisi, 11 Courtnall Skosan, 10 Shaun Reynolds, 9 Ross Cronjé (kaptein), 8 Hacjivah Dayimani, 7 Len Massyn, 6 James Venter, 5 Marvin Orie, 4 Rhyno Herbst, 3 Johannes Jonker, 2 Pieter Jansen, 1 Sti Sithole. Bank: 16 Corné Fourie, 17 Jacobie Adriaanse, 18 Reinhard Nothnagel, 19 Driaan Bester, 20 Nic Groom, 21 Gianni Lombard, 22 Wandisile Simelane.

Griekwas

15 AJ Coertzen, 14 Ederies Arendse, 13 Kyle Steyn (kaptein), 12 André Swarts, 11 Enver Brandt, 10 George Whitehead, 9 Zak Burger, 8 Conway Pretorius, 7 Sias Koen, 6 Eital Bredenkamp, 5 Pieter Jansen van Vuren, 4 FP Pelser, 3 Nicolaas Oosthuizen, 2 Khwezi Mkhafu, 1 Devon Martinus. Bank: 16 AJ le Roux, 17 Liam Hendricks, 18 Ewald van der Westhuizen, 19 Sintu Manjezi, 20 Stephan Janse van Rensburg, 21 Wendal Wehr, 22 Christopher Bosch.

Eerste Liga

Luiperds

15 Gerhard Nortier, 14 Dean Gordon, 13 Evardi Boshoff, 12 AK Nela, 11 Dean Stokes, 10 Schalk Hugo, 9 Chriswill September, 8 Edward Haas, 7 Boela Venter, 6 Muziwandle Muzibuko, 5 Danny du Plooy, 4 Johan Retief, 3 Robert Hunt, 2 Louis van der Westhuizen, 1 Matimu Manganyi. Bank: 16 Marius Stander, 17 Brendan Strydom, 18 Stairs Mhlongo, 19. HP Swart, 20 Sylvester Hassien, 21 Lungelo Gosa, 22 Divan Fick.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.