Suid-Afrikaner klop Japanners op sy eentjie

ʼn Suid-Afrikaanse speler het Saterdag al sy span se punte in dié se sege in die Japanse Topliga aangeteken.

Lionel Cronjé se drie strafdoele en ʼn skepdoel was goed genoeg om die gewese Springbok-afrigter Jake White se Toyota Verblitz met 12-6 teen die Ricoh Black Rams te laat wen.

Cronjé het Superrugby vir die Stormers, die Sharks en die Kings gespeel.

In ʼn ander wedstryd het twee Springbokke al NTT Docomo Red Hurricanes se punte in sy nederlaag van 18-27 teen NTT Shining Arcs aangeteken.

Die heelagter, Riaan Viljoen, het met ʼn drie, ʼn doelskop en twee strafdoele vir 13 punte gesorg, en die agsteman, Ryan Kankowski, het ʼn drie gedruk.

Shane Gates, wat die Kings in die middelveld verteenwoordig het, het as buitesenter ʼn drie vir die Shining Arcs gedruk.

Coenie van Wyk, die heelagter van Toshiba Fuchu Brave Lupus, het eweneens 13 punte op die telbord geplaas – met ʼn drie en vier doelskoppe – om te help dat sy span Coca-Cola Red Sparks met 33-24 verslaan.

Hy het onder meer die Lions en die Cheetahs verteenwoordig.

ʼn Derde Bok, die vleuel Lionel Mapoe, het twee drieë vir Kubota Spears in sy oorwinning van 28-14 oor Kintetsu Liners gedruk.

Ook Kotaro Matsoesjima, die Pretoriaans-gebore Japanse toetsvleuel, het sy gebruiklike drie vir Suntory Sungoliath gedruk in dié se sege van 45-0 oor Munakata Sanix Blues.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kiepie ·

Geen speler in ‘n spansport soos rugby kan die ander span “op sy eentjie” klop nie. Hy het dalk al die punte aangeteken maar hy het tog sekerlik nie alleen teen hulle geskrum, lynstane uitgevoer en allees verdedig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.