Suid-Afrikaners skitter op Europese puntelyste

Raynor Parkinson – voorste skopper. (Foto: Jürgen Kessler/DRV)

Raynor Parkinson – voorste puntemaker. (Foto: Jürgen Kessler/DRV)

Twee Suid-Afrikaners wat vir Duitsland speel, is besig om hul stempel deeglik op die puntelyste van die reeks om die Rugby Europa-kampioenskap af te druk.

Raynor Parkinson, Duitsland se losskakel, wat op sy dag vir die Universiteit van Johannesburg (UJ) gespeel het, is tans die voorste puntemaker in die reeks.

Sy 36 punte bestaan uit vyf strafdoele, `n skepdoel en nege doelskoppe.

Die Duitse flank Jaco Otto se twee drieë plaas hom gesamentlik met België se Edwin Muric vierde op die lys van driedrukkers.

Otto het o.21-rugby vir die Sharks gespeel.

Die lys van driedrukkers word deur Georgiërs oorheers.

Giorgi Tkhilaishvili is die voorloper met vier drieë, gevolg deur Beka Gorgadze en Giorgi Kashadze wat elk drie gedruk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.