Sukses laat Likkewane steeds hoër mik

likkewane-320x290Ná die goeie seisoen wat Korrektiewe Dienste (KD) verlede jaar beleef het, reeds hard aan die werk om vanjaar nog groter hoogtes op en van die veld af te bereik.

Só laat weet die Likkewane se hoofafrigter, André (Vetkoek) Grundling.

KD het in 2016 sy 85ste bestaansjaar gevier, en al drie sy senior spanne het hul ligas se halfeindstryde gehaal. Die klub se eerste span het in die eindstryd naelskraap teen die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) verloor.

“Met die 2017 seisoen so te sê op ons voorstoep, begin KD se oefeninge amptelik Donderdag 5 Januarie 18:30.

“Oefeninge is Dinsdae en Donderdae by die klub se velde op die ou Sentraal-gevangenisterrein (nou die Kgosi Mampuru-tronk) in Potgieterstraat, Pretoria,” het hy aan Pale Toe! gesê.

Grundling sê 2017 gaan `n nuwe uitdaging wees, en die klub se bestuur- en afrigtingspan onder leiding van die voorsitter, Aby Oosthuisen, wil selfs beter as verlede jaar vaar.

KD se eerste vriendskaplike wedstryd vind reeds Saterdag 11 Februarie tuis teen Harlequins van Krugersdorp plaas.

Daarna neem die Likkewane Saterdag 18 en 25 Februarie deel aan die Flya-reeks waarby die topvier Carlton-B-klubs van die 2016 seisoen betrokke is.

Grundling nooi alle belangstellende spelers uit om deel te word van die klub met sy roemryke tradisie . Hulle kan met hom by 084 746 2397 skakel, of met Deon (Bullet) Pretorius by 073 225 3829.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.