Sulke rugbylysies laat die geldlaaie klingel

Wallis se Alun Wyn Jones. Foto: Twitter.

Wanneer is ʼn glas halfleeg of halfvol?

Dit hang seker maar daarvan af hoeveel lesers jy na jou webwerf wil lok, hoeveel koerante of tydskrifte jy wil verkoop, hoeveel reaksie jy kan uitlok.

Die afgelope paar maande was vanweë die Covid-19-pandemie maar klippe kou vir joernaliste en nuusredakteurs om die lesers se belangstelling te bly prikkel, om ʼn bietjie lig in die tonnel te skep, om lesers se leeslus te probeer prikkel.

Met geen regstreekse sport nie, was dit ʼn gegewe dat daar weekliks die beste spanne en spelers van alle tye gekies word en die beste kapteins en afrigters aangewys word.

Dis soms lipafleklekker leesstof waaroor daar lank gestry kan word.

Die invloedryke Rugby World-tydskrif het in sy jongste uitgawe die 50 mees invloedryke mense in rugby aangewys met die Springbokkaptein Siya Kolisi boaan die lys.

Die ervare joernalis Stephen Jones, wat slegs ʼn paar maande gelede vir Alun Wyn Jones, Johan Dawes, Martin Johnson, Sean Fitzpatrick en Lawrence Dallaglio bo Kolisi as sy beste kaptein gekies het, kan Kolisi nou nie genoeg lof toeswaai nie.

Dan het die oud-Britse en Ierse Leeu-afrigter Ian McGeechan ook sy beste span gekies en geen Springbok ingesluit nie.

Drie Wêreldbeker-oorwinnings en geen Springbok nie? Dít terwyl ses All Blacks die sogenaamde beginspan haal?

Dis McGeechan se mening, maar hoe op dees aarde kom hy daarby uit dat die Skotse stut Tom Smith die regmerkie bo Os du Randt kry?

Is Sean Fitzpatrick werklik die beste haker?

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.