Sunwolves gaan onvoorbereid wees

sunwolvesTerwyl ons hier in Suid-Afrika asem ophou oor hoe die Southern Kings in die Superreeks sal sukkel, is daar duidelik in Japan geen benul waarvoor hulle hul ingelaat het met die Sunwolves se deelname aan die reeks nie.

Dié saamgeflanste span, baie soos die Kings wat darem hier en daar ʼn man het wat al Superrugby gespeel het, sal letterlik net twee weke tyd vir voorbereiding voor hulle debuutwedstryd hê. Hulle spring dan weg met die moeilike Lions, in Tokio, as hulle eerste teenstander in die taai reeks.

Die Sunwolves trek eers op 2 Februarie saam. Dan het hulle vier dae wat aan die noodwendige administrasie en toetse gewy word  en eers dán sal hulle in spanverband begin saam oefen, het die afrigter Mark Hammett die naweek bevestig. Daarna het hulle nog ʼn week oor vir die afronding voor die eerste wedstryd.

Asof dit nie genoeg is nie, is die Sunwolves se spelers nie gewoond aan reis nie. Hulle het nog nie vlugflouheid ervaar nie, en uit die Ooste na waar ookal sal dit hulle beïnvloed. As hulle dít nie onder die knie kry nie, sê die afrigter Hammett, gaan dit ʼn baie lang ses maande word.

Voeg daarby dat die span in die loop van die kompetisie 22 vlugte moet haal waarvan 15 langer as sewe uur sal duur. Hulle sal ook 83 dae van die 140 wat die reeks duur buite Japan wees.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
FC

Hulle gaan met groot gedruis wakker skrik. Hulle dink seker hulle eerste wedsryd gaan maklik wees. Daar is daan geen springbokke in die Leeus span nie en hulle het maklik met hulle afgereken.
Hehehehehe