Superkwarteind: Lions onveranderd, Sharks kies Curwin Bosch

Die Lions sal Saterdag op Ellispark met dieselfde span opdraf wat die Sharks verlede naweek in die groepwedstryd getroef het vir dieselfde twee spanne se kwarteindwedstryd.

Die enigste verandering aan die Lions se span is op die bank waar Rohan Janse van Rensburg vir Jacques Nel vervang.

Die Sharks het hul losskakel Garth April gepos ná sy onoortuigende vertoning verlede naweek en hy word deur Curwin Bosch vervang wat van die bank af plekke ruil.

Die spanne –

Lions
Andries Coetzee, Ruan Combrinck, Lionel Mapoe, Harold Vorster, Courtnall Skosan, Elton Jantjies, Ross Cronjé, Ruan Ackermann, Kwagga Smith, Jaco Kriel (kapt.), Franco Mostert, Andries Ferreira, Ruan Dreyer, Malcolm Marx, Jacques van Rooyen. Bank: Akker van der Merwe, Corné Fourie, Johannes Jonker, Lourens Erasmus, Cyle Brink, Faf de Klerk, Rohan Janse van Rensburg, Sylvian Mahuza.

Sharks
Lwazi Mvovo, Kobus van Wyk, Lukhanyo Am, André Esterhuizen, Sbu Nkosi, Curwin Bosch, Cobus Reinach, Dan du Preez, Jean-Luc du Preez, Philip van der Walt (kapt.), Stephan Lewies, Etienne Oosthuizen, Coenie Oosthuizen, Chiliboy Ralepelle, Thomas du Toit. Bank: Franco Marais/Stephan Coetzee, Juan Schoeman, Lourens Adriaanse, Jean Droste, Tera Mtembu, Michael Claassens, Garth April, Jeremy Ward.

Afskop: 14:30

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.