Superreeks: Rassie se Bokproewe op Loftus

Rassie Erasmus (Foto: sudrugby-com)

Dis die ideale kleedrepetisie vir die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, want dis die naaste wat hy aan Springbokproewe sal kom.

Erasmus sal na alle waarskynlikheid Saterdag op Loftus Versfeld wees wanneer die Bulls die Stormers in die Superreeks pak.  Hy en die hulpafrigter Jacques Nienaber, wat die Lions vandeesweek bygestaan het, sal dan Sondag ʼn draai op Ellispark maak wanneer die Lions teen die Crusaders speel.

Erasmus wil eerstehands ervaar hoe die spelers onder druk vaar, oor hul vermoë, of hulle werk soek, hul besluitneming. Hy al ook oplet of hulle die sogenaamde X-faktor en ook die basiese beginsels onder die knie het en watter waarde hulle kan byvoeg.

Gegewe die 11 Bulls-spelers wat hy na sy eerste oefenkamp uitgenooi het, kan Erasmus vrae op sy antwoorde kry.

Is Warrick Gelant, Travis Ismaiel, Embrose Papier, Trevor Nyakane, RG Snyman, Jason Jenkins, Lizo Gqoboko en Roelof Smit van Springbokgehalte? Oor Jesse Kriel, Handré Pollard en Lood de Jager is daar reeds antwoorde, neem maar hul mates.

Dis waar die Stormers se Raymond Rhule (kom ons wees eerlik, hy het verbeter, maar kan hy verdedig?), Dillyn Leyds, Damian de Allende, Damian Willemse, Jano Vermaak, Steven Kitshoff, Wilco Louw, Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi en Nizaam Carr in die prentjie kom. Hulle sal na alle waarskynlikheid na ʼn volgende oefenkamp saam met die Lions (albei spanne het op 28 April ʼn loslootjie) genooi word en dis wanneer ons sal sien watter kaarte Erasmus reeds op die tafel het.

Kan die Bulls wen? Ek glo nie, want die Stormers het die laaste ses van sy laaste sewe wedstryde teen die Bulls gewen. Al is daar ʼn opflikkering by die Bulls, is dié groep nog in hul kinderskoene, hulle is sekerlik moeg na hul oorsese toer, die uitslae is nog nie waarheen hulle mik nie en daar wag nog baie werk op Loftus.

Maar onthou gerus dat die hoë koppe voorheen al teen die verwagting in op Loftus gerol het.

Spanne –

Bulls
15 Warrick Gelant, 14 Travis Ismaiel, 13 Jesse Kriel, 12 Burger Odendaal (kapt.), 11 Divan Rossouw, 10 Handré Pollard, 9 Ivan van Zyl, 8 Tim Agaba, 7 Thembelani Bholi, 6 Marco van Staden, 5 Hanro Liebenberg, 4 Jason Jenkins, 3 Trevor Nyakane, 2 Adriaan Strauss, 1 Pierre Schoeman. Bank: 16 Jaco Visagie, 17 Frans van Wyk, 18 Lizo Gqoboka, 19 Hendré Stassen, 20 Roelof Smit, 21 Embrose Papier, 22 Manie Libbok, 23 Johnny Kotze.

Stormers
15 Sarel Marais, 14 Dillyn Leyds, 13 EW Viljoen, 12 Damian De Allende, 11 Raymond Rhule, 10 Damian Willemse, 9 Justin Phillips, 8 Nizaam Carr, 7 Cobus Wiese, 6 Siya Kolisi (kapt.), 5 Pieter-Steph du Toit, 4 Jan de Klerk, 3 Wilco Louw, 2 Ramone Samuels, 1 Steven Kitshoff. Bank: 16 Scarra Ntubeni, 17 JC Janse van Rensburg, 18 Carlu Sadie, 19 Chris van Zyl, 20 Kobus van Dyk, 21 Sikhumbuzo Notshe, 22 Jano Vermaak, 23 Craig Barry.

Afskop: 17:15

Skeidsregter:  Marius van der Westhuizen (SA).
Assistent-skeidsregters: AJ Jacobs en Cwengile Jadezweni (albei SA).
Televisieskeidsregter: Willie Vos (SA).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

willie ·

met alle respek Marius as ref voorspel niks goed vir die Bulls nie!

Lol ·

Stem saam. Jesse Kriel se verdediging is niks beter as Raymond Rhule sin.

Oupa Vleuel ·

Met respek, Jesse is ligjare voor die twee genooide Bulls stutte. Vra eerder wat maak hulle daar. Persoonlik het ek hulle nog nooit iets gesien domineer nie – trouens, as ek my oge sluit, sien ek die liewe Trevor op sy maag (of eerder pens) in ‘n skrum le…

SjN ·

en toe wen die blou kinderskoene die stormers en die rubriekskrywer sit met n rooi gesig go bulle

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.