Superrugby: Aandag op pylvakwedstryde en Bokplekke

Vir die Suid-Afrikaanse spanne is dit die naweek feitlik pylvakwedstryde in die Superreeks; vir die aspirant-Springbokke is daar die hoop dat ʼn laaste blink vertoning vir Rassie Erasmus die een of die ander kant toe kan laat besluit.

Laasgenoemde is onwaarskynlik, eersgenoemde belangrik met net vyf wedstryde of minder wat vir die vyf spanne in die Suid-Afrikaanse afdeling oorbly.

Die naweek se teenstand vir die vyf spanne wissel van gedug tot onseker/middelmatig.

Sunwolves vs Stormers, Saterdag 07:05

Die Stormers, sou jy dink, sal nie sommer teen die Sunwolves verloor nie.

Die Kapenaars wissel egter vanjaar tussen blink en middelmatig.

Nou het die Sunwolves boonop verlede week gewys dat hulle, as dinge die dag reg uitwerk, vuurwarm is en het met 63-28 teen die Reds gewen.

Hulle het wel ná amper drie seisoene, nog net vier keer gewen en een keer, juis teen die Stormers, gelykop gespeel. Maar hulle het ook al verras.

In 2016, die Japanners se eerste jaar in die reeks, het hulle in die doodsnikke in Bloemfontein met net ʼn enkele punt teen die Cheetahs verloor, die Jaguares geklop en teen die Stormers gelykop gespeel.

In 2017 het hulle tuis die Bulls met 22-21 geklop en die Blues ʼn loesing van 48-21 gegee.

As die Stormers Saterdag reg ingestel is, behoort hulle redelik maklik te wen.

Spanne –

Sunwolves: 15 Kotaro Matsushima, 14 Kenki Fukuoka, 13 Timothy Lafaele, 12 Michael Little, 11 Akihito Yamada, 10 Hayden Parker, 9 Fumiaki Tanaka, 8 Willem Britz, 7 Edward Quirk (kapt.), 6 Michael Leitch, 5 Grant Hattingh, 4 Sam Wykes, 3 Takuma Asahara, 2 Shota Horie, 1 Shintaro Ishihara. Bank: 16 Jaba Bregvadze 17 Craig Millar, 18 Hencus van Wyk, 19 Uwe Helu, 20 Yoshitaka Tokunaga, 21 Yutaka Nagare, 22 Yu Tamura, 23 Jason Emery.
Stormers: 15 Sarel Marais, 14 Seabelo Senatla, 13 JJ Engelbrecht, 12 Damian de Allende, 11 Dillyn Leyds, 10 Jean-Luc du Plessis, 9 Dewaldt Duvenage, 8 Nizaam Carr, 7 Cobus Wiese, 6 Kobus van Dyk, 5 Pieter-Steph du Toit, 4 Chris van Zyl (kapt.), 3 Wilco Louw, 2 Ramone Samuels, 1 JC Janse van Rensburg. Bank: 16 Siyabonga Ntubeni, 17 Carlu Sadie, 18 Frans Malherbe, 19 Jan de Klerk, 20 SiyaKolisi, 21 Sikhumbuzo Notshe, 22 Paul de Wet, 23 EW Viljoen.

Skeidsregter: Nicholas Berry (Australië)
Assistentskeidsregters: Shuhei Kubo (Japan), Tasuku Kawahara (Japan)
Televisieskeidsregter: Minoru Fuji (Japan).

Sharks vs Chiefs, Saterdag 15:05

Die Sharks speel teen die Chiefs. Die Nieu-Seelanders is weens nasionale oproepe en beserings sonder sowat 20 spelers op Kingspark.

Moet egter nooit die diepte en gehalte van die Nieu-Seelandse spanne onderskat nie. Neem ook in ag dat die Sharks nog feitlik strykdeur onder hul potensiaal vertoon.

Waarom? Op papier is hulle onteenseglik Suid-Afrika se indrukwekkendste, maar iets skort iewers.

Spanne –

Sharks: 15 Curwin Bosch, 14 Sibusiso Nkosi, 13 Lukhanyo Am, 12 Andre Esterhuizen, 11 Lwazi Mvovo, 10 Robert du Preez, 9 Louis Schreuder, 8 Daniel du Preez, 7 Jean-Luc du Preez, 6 Philip van der Walt, 5 Ruan Botha (kapt.), 4 Tyler Paul, 3 Thomas du Toit, 2 Armand van der Merwe, 1 Tendai Mtawarira. Bank: 16 Franco Marais, 17 Juan Schoeman, 18 Ross Geldenhuys, 19 Stephan Lewies, 20 Jacques Vermeulen, 21 Cameron Wright, 22 Marius Louw, 23 Makazole Mapimpi.
Chiefs: 15 Shaun Stevenson, 14 Sean Wainui, 13 Charlie Ngatai (kapt.), 12 Johnny Faauli, 11 Solomon Alaimalo, 10 Marty McKenzie, 9 Brad Weber, 8 Pita Gus Sowakula, 7 Liam Messam, 6 Luke Jacobson, 5 Michael Allardice, 4 Tyler Ardron, 3 Angus Ta’avao, 2 Liam Polwart, 1 Karl Tu’inukuafe’. Bank: 16 Samisoni Taukei’aho, 17 Sam Prattley, 18 Sosefo Kautai, 19 Jesse Parete, 20 Matt Matich, 21 Te Toiroa Tahuriorangi, 22 Luteru Laulala, 23 Toni Pulu.

Skeidsregter: Mike Fraser (Nieu-Seeland)
Assistentskeidsregters: Marius van der Westhuizen (Suid-Afrika), Archie Sehlako (Suid-Afrika)
Televisieskeidsregter: Willie Vos (Suid-Afrika)

Lions vs Brumbies, Saterdag 17:15

Hoe goed (of sleg?) is die Brumbies?

Hulle het tot dusver net drie uit tien wedstryde gewen – en só deurmekaar van middelmatigheid is die Australiese afdeling dat die Brumbies nog kans het om bo te eindig!

Die Lions is hul gasheer op Ellispark, en vir albei spanne is dit belangrik om van die verloorwa af te klim. Die Lions het hul laaste drie wedstryde (oorsee) verloor, die Brumbies hul laaste vier.

Swys Coetzee het weer ʼn paar vreemde spankeuses gemaak en, onder meer, van sy spelers ruskans gegee. Tog verwag ʼn mens dat die Lions sal wen.

Spanne –

Lions: 15 Andries Coetzee, 14 Sylvian Mahuza, 13 Aphiwe Dyantyi, 12 Rohan Janse Van Rensburg, 12 Rohan Janse van Rensburg, 11 Madosh Michael Tambwe, 10 Elton Jantjies, 9 Nicholas Groom, 8 Hacjivah Dayimani, 7 Francois Mostert (kapt.), 6 Albertus Smith, 5 Marvin Orie, 4 Lourens Erasmus, 3 Ruan Dreyer, 2 Robbie Coetzee, 1 Dylan Smith. Bank: 16 Corné Fourie, 17 Jacques van Rooyen, 18 Johannes Jonker, 19 Len Massyn, 20 Marnus Schoeman, 21 Ross Cronje, 22 Shaun Reynolds, 23 Ruan Combrinck.
Brumbies: 15 Tom Banks, 14 Henry Speight, 13 Tevita Kuridrani, 12 Kyle Godwin, 11 Andrew Muirhead, 10 Christian Lealiifano, 9 Joe Powell, 8 Isi Naisarani, 7 David Pocock, 6 Rob Valetini, 5 Sam Carter, 4 Rory Arnold, 3 Allan Alaalatoa, 2 Folau Fainga’a, 1 Scott Sio. Bank: 16 Robbie Abel, 17 Nick Mayhew, 18 Ben Alexander, 19 Blake Enever, 20 Lachlan McCaffrey, 21 Tom Cusack, 22 Matt Lucas, 23 Andrew Smith.

Skeidsregter: Nick Briant (Nieu-Seeland)
Assistentskeidsregters: Quinton Immelman (Suid-Afrika), Stephen Geldenhuys (Suid-Afrika)
Televisieskeidsregter: Marius Jonker (Suid-Afrika

Jaguares vs Bulls, Saterdag 23:40

Die moeilikste taak is seker dié van die Bulls teen die omgesukkelde Jaguares Saterdagaand (23:40) in Buenos Aires.

Die Bulls het vir Lood de Jager, wat vanjaar seker sy beste rugby nóg gespeel het, tot aanstaande jaar verloor. Lizo Gqoboka het sy kans in die plek van die geskorste Pierre Schoeman aangegryp, maar hy is ook saam met die kaptein Burger Odendaal op die krukkelys.

Dit sal bars gaan vir die Bulls, wat met alles wat hulle by John Mitchell geleer het, nog nie al hul amperse wenwedstryde leer wen het nie.

Spanne –

Jaguares: 15 Emiliano Boffelli, 14 Bautista Delguy, 13 Matias Orlando, 12 Jeronimo De La Fuente, 11 Sebastian Sanchez, 10 Nicolas Sanchez, 9 Gonzalo Bertranou, 8 Javier Ortega Desio, 7 Marcos Kremer, 6 Tomas Lezana, 5 Tomas Lavanini, 4 Guido Petti Pagadizaval, 3 Nahuel Tetaz Chaparro, 2 Agustin Creevy, 1 Santiago Garcia Botta. Bank: 16 Julian Montoya, 17 Javier Manuel Diaz, 18 Santiago Medrano, 19 Matias Alemanno, 20 Leonardo Senatore, 21 Martin Landajo, 22 Bautista Ezcurra, 23 Juan Cruz Mallia.
Bulls: 15 Warrick Gelant, 14 Travis Ismaiel, 13 Jesse Kriel, 12 Handre Pollard (kapt.), 11 John-Ben Kotze, 10 Manie Libbok, 9 Ivan van Zyl, 8 Marco van Staden, 7 Thembelani Bholi, 6 Roelof Smit, 5 Rudolph Snyman, 4 Jason Jenkins, 3 Conraad van Vuuren, 2 Adriaan Strauss, 1 Trevor Nyakane.
Bank: 16 Jaco Visagie, 17 Nqobisizwe Mxoli, 18 Frans van Wyk, 19 Hendre Stassen, 20 Nicholas de Jager, 21 Andre Warner, 22 John Jackson, 23 Divan Rossouw.

Skeidsregter: Federico Anselmi (Argentinië)
Assistentskeidsregters: Paul Williams (Nieu-Seeland), Pablo Deluca (Argentinië)
Televisieskeidsregter: Santiago Borsani (Argentinië)

Australasiese afdelings

In die ander twee groepe het die Reds, ná hul skande verlede week teen die Sunwolves, hulle Vrydag reggeruk en die Hurricanes op dié se tuisveld al hul dae gegee. Die Canes het met 38-34 gewen.

Crusaders speel Saterdag teen die Blues wat hul rekord van vyf opeenvolgende neerlae waarskynlik na ses sal verleng. Die Waratahs, wat op omstrede wyse verlede week teen die Crusaders verloor het, speel in Sydney teen die Highlanders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frans C ·

En daar loop staan en maak die Stormers skande in Hong Kong waar die hitte,talle waterbreke, en dommigheid sy tol van Stormers eis en hul in die doodsnikke met ‘n woer-woer skepskop 26-23 teen die Sunwolwes verloor.

Hulle kry nou een punt ipv twee wat in die sakkie was deur net die bal uit te skop.
Wat moet ‘n mens nou leer ,Senatla is nie ‘n 15-man speler nie en die was juis sy onvermoê om ‘n hoë bal te bemeester wat tot ‘n drie vir die Sunwolwes gelei het.

Hoe gouer hy teruggaan na die sewes,waar hy hoort,hoe beter vir die sewes en 15 man-spel van die Stormers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.