Superrugby: Bulls moet leer om vir 80 minute te speel

Hoe sê hulle nou weer? Jy moet eers kan kruip voordat jy loop.

Dit het verlede week teen die Reds gebeur toe die Bulls ʼn rustyd-voorsprong laat glip het en geklop is. Vrydag in Hamilton het dit weer gebeur toe die Chiefs die Bulls met 41-28 in hul Superrugby-wedstryd verslaan het.

Maar dis hoe die Bulls gaan leer, hoe hulle meer ervaring gaan opdoen en hoe hulle gaan leer om ook in die tweede helfte voet neer te sit en punte aan te teken; dis ook hoe hulle gaan leer om die regte besluite te neem, veral wanneer hulle onder druk geplaas word.

Moenie ongeduldig raak nie, die oorwinnings sal  die een of ander tyd begin voortvloei. Die grondslag is gelê, dit gaan oor die groter prentjie.

♦  Die Bulls was rustyd met 28-14 voor, het uitstekend gespeel en die Nieu-Seelandse kommentators na hul asem laat snak.

Die voorspelers het die Chiefs gewurg en mak gespeel. Die eerste agt strafskoppe het almal na die Bulls se kant toe gegaan, want die Chiefs het geen antwoorde gehad nie en het eerder oortree. Die Bulls het stewig geskrum, gedryf en gemaal en by die afbreekpunte amok gesaai.

Op losskakel het Handré Pollard gedirigeer, die plaasvervanger-skrumskakel Embrose Papier was baie gewillig en Jesse Kriel en Divan Rossouw het van hul beste vertonings in die Mamelodi Sundowns-trui (askies tog, Bullstrui) gelewer.

Maar ná rustyd het die Bulls se stoom weer opgeraak. Hulle kon nie die pas volhou nie, hul dissipline het begin lol , en hul besluitneming was nie na wense nie.

En toe betaal hulle weer die dure prys.

Puntemakers –

Chiefs (14) 41: Drieë: Johnny Fa’auli, Brodie Retallick (2), Mitchell Brown, Solom Alaimano, Anton Lienert-Brown. Doelskoppe: Damian McKenzie (4). Strafdoel: McKenzie.
Bulls (28) 28: Drieë: Warrick Gelant, Divan Rosouw (2), Handré Pollard. Doelskoppe: Pollard (4).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Frans C ·

Die Bulls sal soos die Lions moet leer dat om met die bal uit die 25,veral naby die doellyn
riskant is en min kans op sukses oplewer.Dit is een wat die Bulls moes gewen het.
Die Chiefs sal hulself beslis gelukkig ag maar nietemin die oorwinning vier,veral omdat
hul sonder 14 beseerde spelers moes klaarkom.
Brodie Retallick was mi uitstekend en die spil waarom dit voorlangs gedraai het,sonder hom sou die Chiefs dit nie gemaak het nie.

Snuffels ·

Ek hoop Mitchell jaag daai van Vuuren so ver weg, hy hoort in geen span nie. Daar is n prys om te betaal vir sulke domgeid, en ek hoop hy betaal dit met rente!

jan ·

Fiks is die speler fiks…dis net n algemene SA probleem…ons speel aanvallende rugby net tot ons voor is dan begin ons te verdedig en skop bal besit weg….jy kan nie vandag rugby speel sonder die bal in jou hande nie.Die kere wat ons met voorspelerd dryf en stamp maak ons die anderspan sag en dan as agterspelers hardloop met bal dan score ons…maar dan skop die manne onnodig die bal weg,self van agter skrum en niemand volg op nie…..dan nie eers te praat van die 2,3,4,5 manne wat thatch rugby wil speel en mis tackel….die ander span moet nie kans kry om met bal te begin hol nie……kom manne speel bietjie die hele 80min aanvallende rugby…tot die ref fluitjie blaas.

Blesbok ·

Nollis is nou weg wie gaan nou die skuld kry John? Jaag vir Xander Jansen van Rensburg weg hy en Barend is die groot oor saak waar die bulle nou is want hulle kan maak net wat hulle wil om hulle eie gatte te red. Julle uur glas raak leeg . Die wiel draai

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.