Superrugby: fokus op Sharks en Reds, Kiwi-kolosse se wedstryde

super-rugby-2016-trophyDie eerste drie wedstryde van die 2017-Superrugbyreeks is ’n stryd tussen twee alewige onderpresteerders, twee top Nieu-Seelandse spanne en die Sharks wat hul eerste tree gee.

Stryd van die onderpresteerders

Die 2017-Superreeks skop Donderdag af met die Rebels en die Blues wat mekaar in die AAMI-park in Melbourne pak.

Albei spanne word as onderpresteerders in die kompetisie beskou en daar het trouens baie water in die see geloop sedert die Blues laas in 2003 die kampioen was.

Verlede jaar het dié Aucklandse span 11de op die algehele punteleer, die laagste van die Nieu-Seelandse spanne, geëindig.

Gaan 2017 anders wees? In Tana Umaga, wat verlede jaar die leisels gevat het, het die Blues ’n afrigter wat rugby op die hoogste vlak gespeel het. Of hy egter die verloor-etiket wat om die span se nek hang kan verander, sal net die tyd leer.

Die Rebels het verlede jaar het een posisie laer as die Blues, in die 12de plek, op die algehele puntelys geëindig. Bekende name soos die binnesenter Reece Hodge en die slot Lopeti Tumani het al die Australiese trui oor hulle koppe getrek.

Die Sharks en die Bulls wat later in die kompetisie met dié spanne kragte meet, sal hulle vroeg wil vergewis van hulle gehalte en sterk- en swakpunte.

Spanne –

Rebels: 15. Jack Debreczeni, 14. Jack Maddocks, 13. Mitch Inman, 12. Reece Hodge, 11. Tim English, 10. Jackson Garden-Bachop, 9. Nic Stirzaker (kapt.), 8. Amanaki Mafi, 7. Colby FaingaA, 6. Jordy Reid, 5. Lopeti Timani, 4. Steve Cummins, 3. Laurie Weeks, 2. Pat Leafa, 1. Cruze Ah-Nau. Bank:16. Jordan Uelese, 17. Tom Moloney, 18. Tyrel Lomax, 19. Culum Retallick, 20. Jake Schatz, 21. Ben Meehan, 22. Sione Tuipulotu, 23. Jonah Placid.
Blues: 15. Michael Collins, 14. Matt. Duffie, 13. Rieko Ioane, 12. Piers Francis, 11. Melani Nanai, 10. Ihaia West, 9. Augustine Pulu, 8. Akira Ioane, 7. Blake Gibson, 6. Steven Luatua, 5. Gerard Cowley-Tuioti, 4. Jimmy Tipou (kapt.), 3. Sione Mafileo, 2. Matt. Moulds, 1. Pauliasi Manu. Bank: 16. Epalahame Faiva, 17. Sam Prattley, 18. Charlie Faumuina, 19. Scott Scrafton, 20. Murphy Taramai, 21. Sam Nock, 22. George Moala, 23. Rene Ranger.

Afskop: 10:45 (SA tyd)

Nieu-Seelandse derby tussen twee topspanne

Die Highlanders en die Chiefs pak mekaar Vrydag in Dunedin in ’n kragmeting wat waarskynlik wye belangstelling verder as net Nieu-Seeland sal ontlok.

Albei die spanne het verlede jaar eers in die halfeindronde van die kompetisie uitgeval en sal alles gee om hulle seisoen op ’n hoë noot af te skop.

Dit wemel van All Blackspelers in die twee spanne en daar sal uitgesien word na die tweestryde tussen die Chiefs-skakelpaar Aaron Cruden en Tawera Kerr-Barlow en die Highlanders se Lima Sopoaga en Aaron Smith.

Die ervare Chiefs-agsteman Liam Messam sal wil wys dat hy steeds goed genoeg is om die All Black-trui te dra.

Spanne –

Chiefs: 15. Damian McKenzie, 14. Toni Pulu, 13. Anton Lienert-Brown, 12. Johnny Faauli, 11. James Lowe, 10. Aaron Cruden (kapt.) 9. Tawera Kerr-Barlow, 8. Liam Messam, 7. Mitchell Karpik, 6. Taleni Seu, 5. Brodie Retallick, 4. Dominic Bird, 3. Nepo Laulala, 2. Hika Elliot, 1. Kane Hames. Bank: 16. Samisoni Taukei’aho, 17. Siegfried Fisi’ihoi, 18. Atu Moli, 19. Mitchell Brown, 20. Lachlan Boshier, 21. Jonathan Taumateine, 22. Tim Nanai-Williams, 23. Shaun Stevenson.
Highlanders: 15. Ben Smith (kapt.), 14. Waisake Naholo, 13. Malakai Fekitoa, 12. Rob Thompson, 11. Tevita Li, 10. Lima Sopoaga, 9. Aaron Smith, 8. Liam Squire, 7. James Lentjes, 6. Gareth Evans, 5. Tom Franklin, 4. Alex Ainley, 3. Siate Tokolahi, 2. Liam Coltman, 1. Daniel Lienert-Brown. Bank: 16. Adrian Smith, 17. Craig Millar, 18. Guy Millar, 19. Jackson Hemopo, 20. Elliot Dixon, 21. Kayne Hammington, 22. Fletcher Smith, 23. Matt Faddes.

Afskop: 8:35 (SA tyd) 

Gaan die nuwe Sharks-besem skoon vee?

Die Sharks se Superseisoen begin Vrydagoggend (11:00 SA tyd) teen die Reds in Brisbane.

Die Durbaniete, wat die laaste paar seisoene nie heeltemal na wense presteer het nie, sal hoop dat Robert du Preez wat deesdae die span afrig, oor die formule beskik om van die Sharks kampioenmateriaal te maak.

Van verskeie jongelinge soos die heelagter Curwin Bosch en die senterpaar Lukhanyo Am en in mindere mate André Esterhuizen word daar hoë verwagtinge gekoester.

Hulle sukses sal grootliks daarvan afhang van die vermoë van die ervare skakelpaar, Patrick Lambie en Cobus Reinach, om die spelers aan hulle buitekant kalm en gefokus te hou.

Die Reds, wat self nie die afgelope seisoene die wêreld aan die brand gespeel het nie, span ’n paar ervare aanwinste soos die veteraanflank George Smith, die Wallabies se kaptein Stephen Moore en die losskakel Quade Cooper in.

Dit is egter te betwyfel of die Reds vanjaar ʼn mindere slaansak sal wees.

Vrydag se wedstryd kan dalk ’n vroeë aanduiding gee of die Sharks ernstige aanspraak op die titel kan maak.

Spanne –

Reds: 15. Karmichael Hunt, 14. Chris Kuridrani, 13. Samu Kerevi, 12. Duncan Paia’ua, 11. Eto Nabuli, 10. Quade Cooper, 9. Nick Frisby, 8. Scott Higginbotham, 7. George Smith, 6. Adam Korczyk, 5. Kane Douglas, 4. Rob Simmons, 3. Sam Talakai, 2. Stephen Moore, 1. James Slipper (kapt). Bank: 16. Andrew Ready, 17. Markus Vanzati, 18. Sef Fa’agase, 19. Izack Rodda, 20. Hendrik Tui, 21. James Tuttle, 22. Jake McIntyre, 23. Izaia Perese.
Sharks: 15. Curwin Bosch, 14. Kobus van Wyk, 13. Lukhanyo Am, 12. André Esterhuizen, 11. Lwazi Mvovo, 10. Patrick Lambie (kapt.) 9. Cobus Reinach, 8. Tera Mtembu, 7.  Jean-Luc du Preez, 6. Philip van der Walt, 5. Ruan Botha, 4. Etienne Oosthuizen, 3. Coenie Oosthuizen. 2. Franco Marais, 1. Tendai Mtawarira. Bank: 16. Chiliboy Ralepelle, 17. Thomas du Toit, 18. Lourens Adriaanse, 19. Stephan Lewies, 20. Jacques Vermeulen, 21. Michael Claassens, 22. Jeremy Ward, 23. Clement Poitrenaud.

Afskop: 11:00 (SA tyd)

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frans C ·

Van al die spanne het die Blues die meeste potensiaal. Met Pulu vanaf die Chiefs,behoort
die Blues-agterlyn ‘n gedugte wapen in die Blues-arsenaal te wees.

Frans C ·

Soos verwag het die Blues hul wedstryd redelik maklik gewen, met 56-18. My Superbru-pick was egter ver uit want ek het ‘n kleiner oorwinnig verwag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.