‘Superrugby in SA het my tot steroïde gedwing’

Carlo del Fava – “te klein en te swak”. (Foto: YouTube)

Die eise van Superrugby in Suid-Afrika het daartoe gelei dat hy hom tot steroïde gewend het, het ʼn gewese SA o.21- en latere Italiaanse toetsslot teenoor ʼn Ierse nuuswebwerf erken.

Carlo del Fava is as 19-jarige by die Sharks se Superrugbyoefengroep betrek, maar is as “te klein en te swak” vir die reeks beskou, het Independent.ie Vrydag berig.

“Om by die res van die groep kers vas te hou, soek ʼn mens kortpaaie en jy beland in die moeilikheid,” het hy aan die webwerf gesê.

Del Fava hou voet by stuk dat hy nie deel van ʼn stelselmatige opkikkerprogram was nie, en dat die gebruik van verbode middels die uitsondering op die reël is.

“ʼn Mens het dit agteraf gedoen om jou prestasie te verbeter.”

Hy is in 2002 aan die gebruik van verbode middels skuldig bevind en vir twee jaar geskors.

Del Fava, wat in Mthata uit Italiaanse ouers gebore is, het sy loopbaan in 2004 in Italië voortgesit en het van 2004 tot 2011 in 54 toetse vir dié land gespeel.

In ʼn oënskynlike poging tot verdagmakery van Suid-Afrikaase rugby rakel die webwerf Del Fava –wat ook vir die Ierse provinsie Ulster gespeel het – se geval op na aanleiding van die huidige omstredeheid rakende die gewese Stormers-slot Gerbrandt Grobler se kontrak by Munster.

Grobler was nes Del Fava twee jaar geskors omdat hy verbode middels gebruik het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan ·

Swak verskoning jon man! Maar dis iets wat ons nog in SA aan baie vasklou.Ons moet groot speler kry wat een pad ken en dis om oor die verdediger te hardloop. Kleiner sperlers het ook sy voordeel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.