Superrugby: Is die Springbokspan op peil in die Superreeks gekies?

Soms maak dinge nie sin nie.

Hoe verduidelik jy dit wanneer ʼn span wat ver voor die ander Suid-Afrikaanse spanne op die Superrugbyreeks  se puntelys is (Lions 40 punte, Sharks 28, Stormers 25 en Bulls 24) en wat verreweg die meeste drieë (68)  gedruk het, die meeste veld gewen het (6 083 meter), die meeste verdedigers (391) geklop het, die tweede meeste lynstane (90.4%) gewen het,  90% van sy skrums gewen het en die derde meeste besit (90%) in die los gewen het, die minste spelers van al die Suid-Afrikaanse Superspanne in die Springbokspan het.

Is daar werklik net vyf Lions in ʼn groep van 43 Springbokke wat goed genoeg is?

En dan word sy afrigter, Swys de Bruin, by die Springbokke betrek vir die toets in Washington teen Wallis?

Is daar werklik agt voorspelers van die Stormers wat Springbokkleure verdien?  Is daar werklik agt agterspelers van die Sharks wat uitgestaan het om mates vir hul Springbokbaadjies te laat neem?

Ja, dalk bewys die Springbokrigter, Rassie Erasmus, dat statistieke misleidend is en dat dit nie die volle verhaal vertel nie.

Maar daar is vrae om te vra ná die afgelope naweek se geploeter van die Sharks toe hulle Vrydagaand met 29-13 deur die Jaguares in Buenos Aires geklop is; oor die Bulls wat Saterdag op Loftus Versfeld met 38-28 teen die Brumbies (wat boonop vir 20 minute ná ʼn rooi kaart met 14 spelers moes klaarkom); en oor die groot gebrek aan dissipline van die Stormers wat hulle met 23-26 teen die Lions op Nuweland laat verloor het.

Ja, dalk het Erasmus die nuwe Bokke te vroeg in kennis gespel van hul insluiting in die Springbokgroep van 43,  want in baie gevalle was van die spelers huiwerig. Dalk was hulle bang om beserings op te doen.

Ja, dalk pas die spelers wat Erasmus gekies het, by sy spelpatroon in wat hy sal volg.

Nietemin, terwyl al die aandag vir die volgende maand op die Springbokke gevestig is, lê daar wakkerlê-nagte vir die Superafrigters oor.

Soos sake nou staan, kan die Lions dalk die enigste Suid-Afrikaanse span wees wat tot die uitspeelrondes vorder.

Het dit al voorheen gebeur?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

rollie ·

Geeneen van die Stormers se voorspelers is verrassende keuses nie, hulle verdien almal hul plek. Daar is egter baie vreemde agterspeler-keuses van ander spanne. Ongelukkig het Combrink, Rohaan en Coetzee nou nie juis die wereld aan die brand gesteek nie so dis ook nie ‘n verrassing dat hulle nie gekies is nie. Die Leeus speel goed as ‘n span saam maar daar is nie werklik uitstaande talent nie (behalwe vir Marx). As die Leeus meer swart spelers kies, sal hulle ook meer Springbokke in die groep hê.

Johan ·

Ek dink ook hy is u stormer want as hulle almal dit verdien hkm sukkel hulle so

bj smit ·

nie net het die span wat nou n rekord oorwinings oor al die sa spanne het vir die afgelope drie jaar het die span minste spelers in die span nie ons is maar weer soos verlede jaar af geskeep so ek hoop hulle kry die grootste pak slae by die engelse

Michael ·

Ek is n groot stormer en eintlik verdien geen stormer n plek in die bok span nie hulle is net nie genoeg nie.

Jerry ·

Alhoewel van die spelers miskien nie die beste is nie behoort nie een van hulle met Rassie aan die stuur, die span in die steek te laat nie. Kom ons gee hulle eers n kans en dan praat ons weer na die tweede toets.

pbotha ·

moet se al SA spanne middelmatig in super reeks…Lions kan nie werklik roem op hul vertonings nie…net so min enige vd ander spanne. Dus het Rassie individue gekies…. daarom maak sy keuses sin. Die paar wat daar is soos bv Jantjies hoort ook nie daar nie..

LHS ·

Ek wil nog altyd weet waar en hoe Erasmus homself so by Saru kon inwurm, wanneer is een van daardie poste geadverteer? Direkteur van rugby en toe sommer ook afrigter. Klink my eerder na n politieke aanstelling met n spesifieke doel.

Stephen Namibia ·

Ralepele regtig.? Dis die toppunt van “window dressing”! Die man is al jare gelede by sy “sell by date” verby.

Frans C ·

Ek dink Suid Afrika se rugbybase moet ‘n slag bykom en kommentators moet ophou om elke speler wat belowend lyk as ‘wêreldklas’ te beskryf.Dit is tyd om ‘n slag eerlik te wees en te erken dat Suid Afrikaanse Super rugbyspanne eenvoudig nie goed genoeg is nie.

Wanneer wat jou voorste span op papier ,die Sharks sukkel om NZ-span wat sonder tot
20 van sy voorste spelers te klop,nl die Chiefs,dan is daar rede tot kommer.Ja die Lions mag die voorste Suid Afrikaanse span wees.As jou voorste span egter verloor teen NZ en die Aussies se swakste spanne,dan moet daar iets nie pluis wees nie.

Of dit afrigting of speleringesteldheid is weet ek nie.Wat ek sien gebeur op die veld is rede tot kommer en as dinge nie dringend verbeter nie wag ‘n groot teleurstelling teen
Wales en die Engelse,wat staan nog die wêreldbeker.

Wanneer gaan dit deurdring dat blote ‘brawn’ sonder ‘brains’ nie die antwoord is nie.
Daar moet tog nog genoeg vinding en verbeeldingryke spelers in Suid Afrika wees,wat sonder om patroon en opdrag gebonde spelpatrone kan opsom en teenvoeters op die veld uitwerk en kanse vir medespelers te skep.

Of moet ek my versoen met wat tans aangaan?

Frans C ·

In enige sport gaan dit om prestasies en word wenners onthou en verloorders vergeet en soms onnodig afgekraak.
‘n Mens kyk dus na ‘n span se wens persentasie,want wenners maak pawiljoene vol en verloorders dit leeg.Ons hou weens ‘n ingeboude menslike swakheid nie daarvan om met verloorders verbind te word nie,want verloorders is dikwels die teikens van spottery van die wenners.Qeeun het nie verniet gesing:
We are the champions
We are the champions
No time for losers
‘Cause we are the champions of the world.
So hoe goed vaar ons Super 15 spanne,hoeveel wedstryde wen hul werklik?
• 1 Crusaders speel 13 wen 11 85%
2 Hurricanes speel 12 wen 10 83%
• 3 Highlanders speel 12 wen 8 67%
• 3 Chiefs speel 12 wen 8 67%
• 5 Jaguares speel 13 wen 8 62%
• 6 Lions speel 14 wen 8 57%
• 7 Waratahs speel 12 wen 6 50%
• 7 Rebels speel 12 wen 6 50%
• 9 Bulls speel 13 wen 5 38%
• 9 Sharks speel 13 wen 5 38%
• 11 Stormers speel 14 wen 5 36%
• 12 Brumbies speel 12 wen 4 33%
• 12 Reds speel 12 wen 4 33%
• 14 Blues speel 12 wen 3 25%
• 15 Sunwolves speel 12 wen 2 17%

In enige kompetisie sou die voorste 4 spanne dit uitspeel om die beker en tans is daar nie een Suid Afrikaanse span in die top 4 nie!

Callie ·

Die standaard van rugby hier sal bly daal. Kan praat tot jul blou is. Kwotas wat eintlik net n naam is vir die doel om 3 de en 4 de bestes in n posisie kans gee om te speel vreet soos n kanker deur die spanne. Krag teen krag hou n span sterk. Ergste is spelers vertrou nie die speler langs hom nie, hy weet daar is beter maar praat nie want dan verloor hy sy plek. Sekere spelers word baie vinnig as wereldgehalte beskou en vou dan net so vinnig onder druk. Die regte goeies verlaat die land en ek waarborg dit gaan oor ek word te nagekom, so kom ek maak geld. Die wat nie die kwota effek wil erken nie, verduidelik dan vir almal hoekom gaan dit al hoe erger hoe groter die persentasie kwotas is

LS ·

Jy is reg Frans C.
Jou opsomming vat dit mooi vas. Inteendeel, dit sou nog erger gelyk het as dit nie was dat die Aussies ook baie middelmatige rugby speel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.