Superrugby: Min doepa vir Stormers-hoofpyne

ʼn Mens wonder wat op Maandae gesê word wanneer die Stormers nabetragting doen oor die naweek se Superrugbywedstryd.

Nadat hulle verlede week met 45-23 deur die Crusaders verslaan is toe hulle ná 20 minute reeds met 0-26 agter was, is daar sekerlik gesê en beplan om vinniger uit die wegspringblokke te kom.

Vrydag in Dunedin was die Stormers vinniger uit die blokke en was hulle in die eerste helfte in ʼn stadium met 15-12 teen die Highlanders voor, maar toe kry hulle steeds met 33-15 slae.

Daar sal iewers koppe bymekaar gesit moet word, want die Stormers sal nie veel verder in die reeks vorder as hulle nie hul kanse behoorlik benut en hul drieëkanse benut nie.

Vrydag kon hulle net twee drieë teen ʼn middelmatige Highlanders-span druk. Die groot verskil is dat die Highlanders se spelbrekers soos Ben Smith, Waisake Naholo en Aaron die vonk aangesteek, die kanse benut en vyf drieë gedruk het.

Ja, daar is baie beserings en ontwrigting, en ja, die Stormers het nog selde goed in Nieu-Seeland gevaar, maar waar was die Stormers se spelskeppers?

Daar was een beweging waar die Stormers besit vir byna 20 fases gehad het, maar daarna was hulle voorspelbaar, met òf die stormram Steven Kitshoff, òf Damian de Allende òf EW Viljoen wat met krag oor die voordeellyn kom/gekom het. En dan?

Watter invloed het die Nieu-Seelander Paul Feeney, oor wie daar so baie gespog is, met die vernuwing wat hy bring? Wat van Paul Treu? Wat van die hoofafrigter, Robbie Fleck?

Puntemakers –

Highlanders  (19) 33: Drieë:  Liam Squire, Aaron Smith (2), Waisake Naholo, Luke Whitelock. Doelskoppe: Lima Sopoaga (4).
Stormers (15) 15: Drieë: Anton van Zyl, Damian Willemse. Doelskop: SP Marais. Strafdoel: Marais.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

What a joke! ·

Nou hoeveel bokke nou weer in die Stormer span? Hoeveel daar op verdiendste wat jy noem meriete en nie kwotas nie….ai ja kry vir stormers…

Niklaas ·

Arme Stormers. Maar met Rhule daar wat steeds vrot verdedig (soos altyd) is wenkanse maar gering vir die Stormers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.