Superrugby: ʼn Paar vreemde spankeuses vir die naweek

Verbeel ʼn mens jou dat die Stormers se afrigter Robbie Fleck klaar boedel oorgegee het vir sy span se wedstryd Saterdag teen die kampioenspan Crusaders in Christchurch?

Die beseerde losskakel Damian Willemse word deur Dillyn Leyds vervang; en die uitblinker-loskop verlede week, Steven Kitshoff, sit op die bank om aan JC Janse van Rensburg sy eerste terugkeerwedstryd in die opdrafspan te bied.

Leyds het al vir die Stormers teen die Blues losskakel gespeel, maar hy kan ʼn anderste soort druk van die Crusaders verwag.

Maar wat maak George Whitehead dan in die groep?

♦  By die Sharks, wat Saterdag teen die Waratahs op Kingspark speel, keer die Springbok-loskop Beast Mtawarira terug, en Thomas du Toit bly op vaskop waar hy verlede week teen die Lions dit lelik ontgeld het.

Daar is ook ʼn nuwe lostrio waar Dan du Preez hom langs die kantlyn by sy beseerde tweelingbroer Jean-Luc aansluit, en deur Keegan Daniel vervang word. Daniel was verlede week as agsteman in die opdrafspan gekies maar moes weens ʼn besering onttrek, en is toe deur Dan vervang. Op die ander flank begin Tyler Paul in  die plek van Philip van der Walt, wat beseer is.

Agterlangs kry Makazole Mapimpi ná een wedstryd (kan jy dit glo!) ruskans. Kobus van Wyk speel regtervleuel met S’bu Sithole wat na links skuif. Op skrumskakel vervang Louis Schreuder vir Cameron Wright, wat met ʼn ligte besering afskuif bank toe. Michael Claassen is dus nie in die 23-tal nie.

♦  Die Lions, wat op Loftus in die Jukskei-derby teen die Bulls speel, het Franco Mostert flank toe geskuif. Of die Lions daarmee mobiliteit sal inboet, en wie die baljagter sal wees in  die afwesigheid van Kwagga Smith met Cyle Brink wat die nommerses-trui sal dra, sal die tyd leer.

Marnus Schoeman is darem op die bank as sake hier skeefloop.

Rohan Janse van Rensburg is in die beginspan se binnesenter in die plek van Harold Vorster wat bank toe skuif en Madosh Tambwe, nog ʼn opwindende jong vleuel, is op die bank.

Die Bulls se 23-tal is onveranderd  van die groep wat die Hurricanes verlede naweek verras het. Adriaan Strauss sal Saterdag sy Superrekord vir ʼn haker na 145 wedstryde opstoot.

Die Suid-Afrikaanse spanne en hul teenstanders vir die naweek se Superrugby –

Crusaders vs Stormers, Saterdag 08:35, AMI-stadion
Crusaders
15 David Havili, 14 Seta Tamanivalu, 13 Jack Goodhue, 12 Ryan Crotty, 11 George Bridge, 10 Richie Mo’unga, 9 Bryn Hall, 8 Jordan Taufua, 7 Billy Harmon, 6 Peter Samu, 5 Samuel Whitelock (kapt.), 4 Scott Barrett, 3 Michael Ala’alatoa, 2 Codie Taylor, 1 Wyatt Crockett. Bank: 16 Andrew Makalio, 17 Chris King, 18 Oliver Jager, 19 Luke Romano, 20 Heiden Bedwell-Curtis, 21 Mitchell Drummond, 22 Mitchell Hunt, 23 Manasa Mataele.
Stormers
15 Sarel Marais, 14 Seabelo Senatla, 13 EW Viljoen, 12 Damian de Allende, 11 Raymond Rhule, 10 Dillyn Leyds, 9 Dewaldt Duvenage, 8 Nizaam Carr, 7 Cobus Wiese, 6 Siya Kolisi (kapt.), 5 Pieter-Steph du Toit, 4 John Schickerling, 3 Wilco Louw, 2 Ramone Samuels, 1 JC Janse van Rensburg. Bank: 16 Dean Muir, 17 Steven Kitshoff, 18 Carlu Sadie, 19 Jan de Klerk, 20 Sikhumbuzo Notshe, 21 Kobus van Dyk, 22 Justin Phillips, 23 George Whitehead.

Sharks vs Waratahs, Saterdag 15:05, Kingspark
Sharks
15 Lwazi Mvovo, 14 Kobus van Wyk, 13 Lukhanyo Am, 12 André Esterhuizen, 11 S’bu Nkosi, 10 Robert du Preez, 9 Louis Schreuder, 8 Keegan Daniel, 7 Tyler Paul, 6 Jacques Vermeulen, 5 Stephan Lewies, 4 Ruan Botha (kapt.), 3 Thomas du Toit, 2 Franco Marais, 1 Beast Mtawarira 16 Akker van der Merwe, 17 Juan Schoeman, 18 John-Hubert Meyer, 19 Hyron Andrews, 20 Lubabalo Mtembu, 21 Cameron Wright, 22 Marius Louw, 23 Curwin Bosch.
Waratahs
15 Israel Folau, 14 Andrew Kellaway, 13 Lalakai Foketi, 12 Kurtley Beale, 11 Curtis Rona, 10 Bernard Foley, 9 Jake Gordon, 8 Jed Holloway, 7 Michael Hooper (kapt.), 6 Michael Wells, 5 Tom Staniforth, 4 Ned Hanigan, 3 Paddy Ryan, 2 Damien Fitzpatrick, 1 Tom Robertson. Bank: 16 Hugh Roach, 17 Harry Johnson-Holmes, 18 Kalivati Tawake, 19 Nick Palmer, 20 Will Miller, 21 Mitch Short, 22 Bryce Hegarty, 23 Alex Newsome.

Bulls vs Lions Saterdag 17:15, Loftus Versfeld
Bulls
15 Divan Rossouw, 14 Travis Ismaiel, 13 Jesse Kriel, 12 Burger Odendaal (kapt.), 11 Johnny Kotze, 10 Handré Pollard, 9 Andre Warner, 8 Hanro Liebenberg, 7 Thembelani Bholi, 6 Roelof Smit, 5 Lood de Jager, 4 RG Snyman, 3 Frans van Wyk, 2 Jaco Visagie, 1 Pierre Schoeman. Bank: 16 Adriaan Strauss, 17 Lizo Gqoboka, 18 Conraad van Vuuren, 19 Nic de Jager, 20 Marco van Staden, 21 Embrose Papier, 22 Marnitz Boshoff, 23 Duncan Matthews.
Lions
15 Andries Coetzee, 14 Sylvian Mahuza, 13 Lionel Mapoe, 12 Rohan Janse van Rensburg, 11 Aphiwe Dyantyi, 10 Elton Jantjies, 9 Ross Cronjé, 8 Warren Whiteley (kapt.), 7 Francois Mostert, 6 Cyle Brink, 5 Marvin Orie, 4 Andries Ferreira, 3 Ruan Dreyer, 2 Malcolm Marx, 1 Jacques Van Rooyen. Bank: 16 Robbie Coetzee, 17 Dylan Smith, 18 Jacobus Adriaanse, 19 Lourens Erasmus, 20 Marnus Schoeman, 21 Marco Jansen Van Vuren, 22 Harold Vorster, 23 Madosh Tambwe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wesley ·

Die baljagter is dood as n spesialis-posisie met die nuwe reels… Dink nie Franco sal sleg doen op flank in die geval nie. Leeus het Marx om by die afbreekpunt n paar probeerslagte te he vir die bal…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.