Superspanne se relatiewe krag onder die loep

super-rugby-2016-trophyDie komende naweek se Superwedstryde wat reeds Donderdag begin, sal seker groter duidelikheid gee oor die relatiewe krag van die spanne, iets wat moeilik is om op net een wedstryd te beoordeel.

Hoe sterk is die Stormers werklik en hoe gemiddeld die Bulls? Maak die Waratahs se gesukkel een die Force verlede week, al het hulle gewen, van hulle ʼn swak span of is die Force vanjaar ʼn gevaar vir die spanne wat tradisioneel as sterk beskou word?

Die Lions sal seker in ʼn mate die antwoord hierop kan gee wanneer hulle Saterdag in Johannesburg teen mekaar speel.

In Australasië, waarvan die onderskeie wedstryde weens die ondeurdagte en ongelyke kompetisiestelsel min belangstelling in Suid-Afrika gaande maak, speel die Reds Donderdag (12:30) teen die Force op laasgenoemde se tuisveld.

Dit is straks die ideale kans om te sien waar die Sharks nou, voor hulle wedstryd Saterdag teen die Brumbies, staan nadat hulle verlede naweek in Brisbane teen die Reds vasgeval het.

Die Hurricanes het die ideale wegspringkans in die reeks gekry. Hulle het verlede naweek die Sunwolves verpletter (83-17) en speel Saterdag in Melbourne teen die Rebels wat op die oog af maar weer sal sukkel.

Die Crusaders, wat verlede week belofte en ook teen die einde vasberadenheid getoon het toe hulle die Brumbies 17-13 in Christchurch geklop het, speel in Dunedin teen die Highlanders. Dié het verlede week teen die Chiefs vasgeval sonder om ʼn enkele drie te druk.

Hulle wedstryd teen die Crusaders sal dit in  perspektief plaas.

Die Chiefs het na ʼn goeie span gelyk. Dit sal Vrydag teen die Blues bevestig kan word. Laasgenoemde het juis verlede week verwoed teen die Rebels weggespring, en Vrydag se wedstryd sal toon of dit werklik ʼn ‘nuwe’ Bluesspan is en of die Rebels maar weer so swak soos altyd is.

Australasiese bepalings vir die naweek –

Donderdag:
Force vs Reds (12:30)
Vrydag:
Chiefs teen Blues (08:35)
Saterdag:
Hurricanes vs rebels (0615); Highlanders vs Crusaders (08:35)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.