Supersport fokus sterker op speler as op uitslae

Ruan Combrinck (Foto: GB Jordaan)

Die breë Suid-Afrikaanse rugbypubliek fokus waarskynlik sterker op die vertoning van ʼn enkele speler as op enige uitslag in die naweek se kragmetings in die Supersportreeks.

Die Springbokvleuel Ruan Combrinck, wat baie lank met ʼn skouerbesering gesukkel het, maak sy terugkeer in die Goue Leeus se wedstryd teen die Namibiese Welwitschias Saterdag om 15:00 by die Albertonse rugbyklub.

As Combrinck fiks en op dreef is, kan hy ʼn belangrike bydrae lewer om die Springbokke se onvermoë om drieë te druk te verminder.

Andersins trek die Noorderafdeling die meeste aandag, met vier van die vyf spanne wat dusver elk een wedstryd gewen het.

Die Blou Bulle en die Valke wat eerste en tweede lê, vat mekaar Saterdag om 14:30 op Loftus Versfeld voor die bors in wat die taaiste kragmeting van die naweek beloof te wees.

Die Leeus sal op hul beurt sover moontlik teen die Welwitschias wil wen aangesien ʼn beter batige punteverskil hom boaan die punteleer kan plaas.

Keegan Daniel (Foto: Twitter)

Sentraal

In die Sentraalstreek behoort die Luiperds (voorloper) hul status te bevestig wanneer hulle Vrydag om 18:00 op Olënpark, Potchefstroom teen die Vrystaatse Vyftiental speel.

Die Noordwesters probeer onder meer hul slaankrag in die middelveld verhoog met die insluiting van Gerhard Nortier op binnesenter, en het die oud-Bolander Schalk Jooste (stut) op die bank.

Die Griffons (derde ná Griekwas) speel Saterdag om 15:00 in Welkom teen die Sharks-vyftiental en kan eweneens hul posisie versterk.

Nog ʼn Springbok wat sy terugkeer ná `n lang besering langs die weg van die Supersportreeks maak, is die KwaZulu-Nataller Keegan Daniel. Dit geld ook vir die Franse toetsspeler Clement Poitrenaud.

Suid

In die Suiderafdeling behoort die Westelike Provinsie (eerste) en Grens (tweede) insgelyks hul posisies te verstewig.

Die WP speel Saterdag om 15:00 op Smitpark, Velddrif, teen die Boland; en Grens Vrydag om 19:15 in die Buffalostad-stadion in Oos-Londen teen die Suidwestelike Distrikte.

Die Streeptruie het hul agttal redelik geskommel, meestal bloot om spelers te wissel, en Eital Bredenkamp (flank) voer die span aan in die lig van Chad Solomon se insluiting op die bank.

Die puik UJ-Varsitybeker-losskakel Divan Nel maak sy buiging op heelagter vir die Kavaliers. Arnout Malherbe (stut) and

Ludio Williams (flank) kan hul beroepsbuiging vir die Bolanders van die bank af maak.

Die spanne –

Luiperds: 15. Tapiwa Mafura, 14. Rowayne Beukman, 13. Elden Schoeman, 12. Gerhard Nortier, 11. Gene Willemse, 10. Schalk Hugo, 9. Cheese September, 8. Juan Language (kaptein), 7. Marno Redelinghuys, 6. Gideon van der Merwe, 5. Walt Steenkamp, 4. Stair Mhlongo, 3. Morné Strydom, 2. Dane van der Westhuyzen, 1. Joe Smith. Bank: 16. Chukkie van der Westhuizen, 17. Schalk Jooste, 18. Ruan Venter, 19. Jeandré Rudolph, 20. Wessel Kuhn, 21. Bradley Moolman, 22. Lungelo Goza.

Vrystaat: 15. Michael van der Spuy, 14. Luther Obi, 13. JW Jonker, 12. Ryno Benjamin, 11. Vuyani Maquina, 10. Heinrich Bitzi, 9. Ruan van Rensburg, 8. Junior Pokamela (kaptein), 7. Tienie Burger, 6. Daniel Maartens, 5. Dennis Visser, 4. Justin Basson, 3. Erich de Jager, 2. Jacques Du Toit, 1. Johan Kotzé. Bank: 16. Joseph Dweba, 17. Stephan Kotzé, 18. Sibabalo Qoma, 19. Ntokozo Vidima, 20. JP Smith, 21. Ali Mgijima, 22. Marco Mason.

Grens: 15. Ntabeni Dukisa, 14. Micael Makase, 13. Lundi Ralarala (onderkaptein), 12. Lunga Dumezweni, 11. Sonwabiso Mqalo, 10. Oliver Zono, 9. Sinovuyo Nyoka, 8. Xakalashe Sokuphumla, 7. Johannes Janse van Rensburg, 6. Lukhanyo Nomzanga, 5. Wandile Putuma, 4. Hendri Storm, 3. Phumlani Blaauw, 2. Mihlali Mpafi (kaptein), 1. Siyamthanda Ngande. Bank: 16. Mbeko Kota, 17. Yanga Xakalashe, 18. Luzuko Nyabasa, 19. Lindokuhle Nyabaza, 20. Billy Dutton, 21. Bangihlombe Kobese, 22. Siphosethu Tom.

SWD: 15. Leighton Eksteen, 14. Shadward Fillies, 13. Wilneth Engelbrecht, 12. Johnny Welthagen, 11. Adi Jacobs, 10. Quaide Langeveldt, 9. Boela Abrahams, 8. Christo du Plessis, 7. Lodewyk Uys, 6. Janneman Stander (kaptein), 5. Cornell Hess, 4. Brendon Snyman, 3. Basil Short, 2. Jacques Vermaak, 1. Juandre Dique. Bank: 16. Jan van der Merwe, 17. Theunis Nieuwoudt, 18. Freginald Africa, 19. Daniel Maree, 20. Dillon Snel, 21. Ruphino Plaatjies, 22. Justin Bhana.

Blou Bulle: 15. Ulrich Beyers, 14. Jade Sighing, 13. Johnny Kotzé, 12. Joshua Stander, 11. Rabs Maxwane, 10. Tony Jantjies, 9. Ivan van Zyl, 8. Boom Prinsloo, 7. Freddy Ngoza, 6. Shaun Adendorff, 5. Abongile Nonkontwana, 4. Brian Leitch, 3. Martin Dreyer, 2. Edgar Marutllulle, 1. Njubelo Gumede. Bank: 16. Corniel Els, 17. Conrad van Vuuren, 18. Marius Verwey, 19. Marco van Staden, 20. Theo Maree, 21. Franco Naudé, 22. Divan Rossouw.

Valke: Nie beskikbaar nie.

Goue Leeus: 15. Ashlon Davids, 14. Ruan Combrinck, 13. Jarryd Sage, 12. Gerdus van der Walt, 11. Madosh Tambwe, 10. Shaun Reynolds, 9. Marco Jansen van Vuren, 8. Jo-Hanco de Villiers, 7. Victor Sekekete, 6. James Venter, 5. Bobby de Wee (kaptein), 4. JP du Preez, 3. Pieter Scholtz, 2. Pieter Jansen, 1. Justin Ackerman. Bank: 16. Ruan Britz, 17. Luvuyo Pupuma, 18. Ryno Herbst, 19. Hacjivah Dayimani, 20. Bradley Thain, 21. Siya Masuku, 22 Selom Gavor.

Welwitschias: 15. Aurelio Plato, 14. Lesley Klim, 13. JCGreyling, 12. Francois Wiese, 11. David Philander, 10. Theuns Kotzé, 9. Eugene Jantjies (kaptein), 8. Victor Rodrique, 7. Leneve Damens, 6. Thomasau Forbes, 5. Max Katjijeko, 4. Munio Kasiringa, 3. Andries Rousseau, 2. Gerhard Lotter, 1. Coleen Smith. Bank: 16. Orbet Nortjé, 17. Christo McNish, 18. AJ de Klerk, 19. Mahepisa Tjeriko, 20. Thomas Kali, 21. Cameron Klassen, 22. Heinrich Smith.

Griffons: 15. Alrin Eksteen, 14. Taro Maarman, 13. Joubert Engelbrecht (kaptein), 12. Arthur Williams, 11. Vuyo Mbotho, 10. Duan Pretorius, 9. Louis Venter, 8. Henco Greyling, 7. Neil Jordaan, 6. Jean Pretorius, 5. Gavin Annandale, 4. Samora Fihlani, 3. Danie van der Merwe, 2. Kwezi Mkhafu, 1. Barend Potgieter. Bank: 16. Hennie Venter, 17. PW Botha, 18. Willem Serfontein, 19. Jasper Wiese, 20. Thato Mavundla, 21. Malcolm Kerr-Till, 22. Jaun Kotzé.

Sharks: 15. Garth April, 14. Odwa Ndungane (kaptein), 13. S’bura Sithole, 12. Marius Louw, 11. Morné Joubert, 10. Benhard Janse van Rensburg, 9. Damian Stevens, 8. Keegan Daniel (onderkaptein), 7. Jacques Vermeulen, 6. Khaya Majola, 5. Hyron Andrews, 4. Jean Droste, 3. John-Hubert Meyer, 2. Stephan Coetzee, 1. Juan Schoeman. Bank: 16. Kerron van Vuuren, 17. Gerhard Engelbrecht, 18. Rikus Zwart, 19. Wian Vosloo, 20. Rowan Gouws, 21. Tristan Blewett, 22. Clement Poitrenaud.

Boland: 15. Divan Nel, 14. Charlie Mayeza, 13. Alcino Izaacs, 12. Christopher Bosch, 11. Danwel Demas, 10. Elgar Watts, 9. Freddie Muller (onderkaptein), 8. Zandré Jordaan (kaptein), 7. Wayne Wilschut (onderkaptein), 6. Kenan Cronjé, 5. Rinus Bothma, 4. Marlyn Williams, 3. Clinton Theron, 2. Clemen Lewis, 1. Linda Thwala. Bank: 16. Chadley Wenn, 17. Arnout Malherbe, 18. Dylan Pieterse, 19. Ludio Williams, 20. Vian van der Wat, 21. Logan Basson, 22. Sergio Torrens.

WP: 15. Grant Hermanus, 14. Valentino Wellman, 13. Michal Haznar, 12. Scott van Breda, 11. Craig Barry, 10. Brandon Thomson, 9. Godlen Masimla, 8. Luke Stringer, 7. Johan du Toit, 6. Eital Bredenkamp (kaptein), 5. Eddie Zandberg, 4. Ruben de Villiers, 3. Michael Kumbirai, 2. Dean Muir, 1. Wesley Adonis. Bank: 16. Chad Solomon, 17. Frans van Wyk, 18. Nyasha Tarusenga, 19. Conway Pretorius, 20. Justin Phillips, 21. Ernst Stapelberg, 22. Harlon Klaasen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.