SuperSport-kollig op dié twee Springbokke

Die deurslaggewende kragmeting tussen die Goue Leeus en die Blou Bulle in die SuperSportreeks in Johannesburg sal insgelyks die kollig skerp op die vertoning van twee Springbokke laat val.

ʼn Onlangse Springbokkaptein, Warren Whiteley, en 2017 se speler van die jaar, Malcolm Marx, het herstel van beserings, en is in die Leeus-vyftiental ingesluit. Met die oog op die Rugbykampioenskap sal hulle fyn dopgehou word.

Die wedstryd sal ook bepaal watter een van die twee spanne in die Noordstreek regstreeks tot die kwarteindronde van die reeks deurdring.

Die tot dusver onoorwonne Pumas, wat by dieselfde geleentheid teen die Valke speel, is reeds van ʼn tuiskwarteindstryd verseker.

Vir Boland en die Suidwestelike Distrikte sal hul onderskeie kragmetings teen die Oostelike Provinsie in Despatch, en teen die Westelike Provinsie in Kaapstad, eweneens in dié opsig bepalend betreffende die Suidstreek wees.

In die Sentraalstreek het Griekwas (teen die Griffons in Welkom) en die Vrystaat-vyftiental (teen die Sharks-vyftiental in KwaMashu) het grootliks ʼn tuiskwarteind in die visier.

Naas bogenoemde spanne het die die Sharks die beste kans om tussen die topagt te eindig.

Die naweek se bepalings
Vrydag
15:00 WP teen SWD, Brookside, Kaapstad.

Saterdag
15:00 OP teen Boland, Despatch-rugbyklub.
15:30 Griffons teen Griekwas, Welkom.
17:00 Sharks teen Vrystaat, Prinses Mogogo-stadion, KwaMashu.

Sondag
13:00 Valke teen Pumas, Bill Jardine-stadion, Johannesburg.
15:00 Goue Leeus teen Blou Bulle, Bill Jardine-stadion, Johannesburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.