SuperSport-kwarteind beloof fel mededinging

Genadiglik het die flou Supersport-reeks die uitklopstadium bereik, en met krag uiteindelik teen krag gemeet, beloof die kwarteindronde fel mededingend te wees.

Die verdedigende kampioen, die onoorwonne Westelike Provinsie, is die gunsteling om sy botsing teen die Vrystaat-vyftiental in Kaapstad te wen.

Die besoekers het egter die afgelope jaar of wat by geleentheid ʼn vurige bittereinderkarakter geopenbaar, wat hulle ʼn harde neut kan maak om te kraak.

Die Pumas, die enigste span wat al sy rondomtaliewedstryde gewen het, pak die Blou Bulle-vyftiental in Nelspruit.

Die span van Mpumalanga het in die jongste tyd die stryd teen die Bulle oorheers, en behoort weer te wen.

Met heelwat nuwe bloed in die agttal, is die Pretorianers ʼn ietwat onbekende faktor, en die nuwelinge sal hulle gewis wil laat geld.

Griekwas het op sy tuisveld gewoonlik ʼn voorsprong op die besoekers, maar dit sal hom loon om in gedagte te hou dat Boland vanjaar die enigste span was wat die WP darem tot ʼn gelykop uitslag kon dwing.

Die Wynboere het boonop ʼn paar van hul ysters, wat ʼn wedstryd of wat misgeloop het, terug in die span.

Op Kingspark behoort die Sharks-vyftiental sy eweknie van die Goue Leeus onder te sit, maar dis onwaarskynlik dat die Gautengers die knie gedweë sal buig.

Die bepalings –

Saterdag

12:30 Pumas teen Blou Bulle, Mbombela-stadion, Nelspruit.
14:00 Griekwas teen Boland, Griekwapark, Kimberley.
14:15 Sharks teen Goue Leeus, Kingspark, Durban.

Sondag

14:30 WP teen Vrystaat, Groenpunt-atletiekstadion, Kaapstad.

Die beskikbare spanne –

Blou Bulle

15 Earll Douwrie, 14 Xolisa Guma, 13 Franco Naudé, 12 JT Jackson, 11 Andell Loubser, 10 Tinus de Beer, 9 Theo Maree, 8 Jano Venter, 7 Abongile Nonkontwana, 6 Boom Prinsloo (kaptein), 5 Ruan Nortjé, 4 Ruben van Heerden, 3 IG Prinsloo, 2 Johan Grobbelaar, 1 Dewald Maritz. Bank: 16 Corniel Els, 17 Dayan van der Westhuizen, 18 Marius Verwey, 19 Tier Schoeman, 20 Joshua Allderman, 21 Garrick Mattheus, 22 Ulrich Beyers.

Griekwas

15 AJ Coertzen, 14 Ederies Arendse, 13 Christopher Bosch, 12 Jonathan Francke, 11 Kyle Steyn, 10 George Whitehead, 9 Christiaan Meyer, 8 Conway Pretorius, 7 Sias Koen, 6 Kevin Kaba, 5 Pieter van Vuren (kaptein), 4 Sintu Manjezi, 3 Nicolaas Oosthuizen, 2 Kwezi Mkhafu, 1 Devon Martinus. Bank: 16 AJ le Roux, 17 Ruan Kramer, 18 FP Pelser, 19 De Wet Kruger, 20 Louis Venter, 21 Andre Swarts, 22 Godfrey Ramaboea.

Boland

15 Adriaan Carelse, 14 Charles Mayeza, 13 Gerrit van Wyk, 12 Edwin Sass, 11 Sergio Torrens, 10 Elgar Watts (onderkaptein), 9 Jovelian de Koker, 8 Zandré Jordaan (kaptein), 7 Ludio Williams, 6 Tapiwa Tsomondo, 5 Rinus Bothma, 4 Marlyn Williams, 3 Stefaan Grundlingh, 2 Clemen Lewis, 1 Arnout Malherbe. Bank: 16 Francois Esterhuyzen, 17 Clinton Theron, 18 Kenan Cronjé, 19. McMillan Muller, 20. Jaywinn Juries, 21. Valentino Wellman, 22. Andries Viljoen.

Sharks

15 Courtney Winnaar, 14 Aphelele Fassi, 13 Kobus van Wyk, 12 Jeremy Ward, 11 Tristan Blewett, 10 Garth April, 9 Grant Williams, 8 Tera Mtembu (kaptein), 7 Wiaan Vosloo, 6 Cornelius Otto, 5 Andrew Evans, 4 Rikus Zwartm 3 John-Hubert Meyer, 2 Franco Marais, 1 Jordan Els. Bank: 16 Kerron van Vuuren, 17 Khutha Mchunu, 18 Mzamo Majila, 19 JJ van der Mescht, 20 Kwanda Dimaza, 21 Francois de Villiers, 22 Danrich Visagie.

Goue Leeus

15 Gianni Lombard, 14 Sylvian Mahuza, 13 Wandisile Simelane, 12 Manuel Rass, 11 Tyrone Green, 10 Shaun Reynolds, 9 Bradley Thain, 8 Len Massyn, 7 Vincent Tshituka, 6 James Venter, 5 Rhyno Herbst (kaptein), 4 Robert Kruger, 3 Jacobie Adriaanse, 2 Pieter Jansen, 1 Sithembiso Sithole. Bank: 16 HP van Schoor, 17 Chergin Fillies, 18 Reinhard Nothnagel, 19 PJ Steenkamp, 20 Morné van den Berg, 21 Jan-Louis la Grange, 22 Madosh Tambwe.

Vrystaat

15 Darren Adonis, 14 Sango Xamlashe/Francois Agenbach 13 Barend Janse van Rensburg, 12 Carel Jan Coetzee, 11 Vuyani Maqina, 10 Ernst Stapelberg, 9 Rudy Paige, 8 Jasper Wiese, 7 Gerhard Olivier, 6 Niell Jordaan (kaptein), 5 Dennis Visser, 4 Sibabalo Qoma, 3 Luan de Bruin, 2 Reinach Venter, 1 Erich de Jager. Bank: 16 Joseph Dweba, 17 Boan Venter, 18 Gunter Janse van Vuuren, 19 Justin Basson, 20 Ntokoza Vidima/Stephan Malan, 21 Ruan van Rensburg, 22 Francois Agenbach/Sango Xamalashe, 23 Marnus van der Merwe, 24 Stephan Malan/Ntokozo Vidima.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.