SuperSport se fokus val op George en Mdantsane

Die SuperSportreeks se fokus val Vrydag en Sondag op George en Mdantsane.

Vrydag se kragmeting tussen die Suidwestelike Distrikte en Boland op George, en Sondag se kragmeting tussen die Sharks-vyftiental en Griekwas op Mdantsane, is vir al vier spanne van deurslaggewende belang.

Die verloorders kan sukkel om die kwarteindstryd te haal.

Boland (tweede in die Suidstreek) en die SWD (derde) het albei 19 ligapunte, en hoewel hulle die onoorwonne Westelike Provinsie kwalik sal inhaal, sal die verloorspan waarskynlik op die ou end te min punte hê om uit die derde plek vir die uitspeelrondes in aanmerking te kom.

In Mdantsane mik Griekwas (tweede in die Sentraalstreek met 26 punte) na die Vrystaat-vyftiental (29) se eerste plek, terwyl die Sharks (derde met 22 punte) hul oog op die tweede plek het.

Die res van die naweek se program het nie veel om die lyf nie.

Die Goue Leeus (op Ellispark), die Pumas (in Secunda), die Griffons (in Welkom) en Grens (in Mdantsane) behoort onderskeidelik die Valke, die Welwitschias, die Luiperds en die Oostelike Provinsie hok te slaan.

Die naweek se program –

Vrydag

15:00 Goue Leeus teen Valke, Ellispark, Johnnesburg.
18:00 SWD teen Boland, Outeniekwapark, George.

Saterdag

15:00 Pumas teen Welwitschias, Sasol Secunda-rugbyklub.
15:00 Griffons teen Luiperds, Welkom.

Sondag

13:00 Sharks teen Griekwas, Sisa Dukashe-stadion, Mdantsane.
15:00 Grens teen OP, Sisa Dukashe-stadion, Mdantsane.

Beskikbare spanne –

Goue Leeus

15 Jeanluc Cilliers, 14 Selom Gavor, 13 Wayne van der Bank, 12 Eddie Fouché, 11 Anthony Volmink, 10 Inny Radebe, 9 Ashlon Davids, 8 Len Massyn, 7 Vincent Tshituka, 6 James Venter, 5 Rhyno Herbst (kaptein), 4 Conor Brockschmidt, 3 Chergin Fillies, 2 Pieter Jansen, 1 Sti Sithole. Bank: 16 HP van Schoor, 17 Stephen Bashera, 18 Reinhard Nothnagel, 19 Phumzile Madoqwana, 20 Krappie van den Berg, 21 Courtnall Skosan, 22. Jean-Louis la Grange.

Valke

15 Jan Truter, 14 Hardus Pretorius, 13 Lundi Ralarala, 12 Grant Janke, 11 Etienne Taljaard, 10 Errol Jaggers, 9 Stokkies du Plessis, 8 Friedle Olivier, 7 Robey Leibrandt, 6 Sikhumbuzo, Mabuza, 5 Jacques Alberts, 4 Shane Kirkwood, 3 Andries Schutte, 2 Marco Klopper, 1 Koos Strauss. Bank: 16 Jan Enslin, 17 Heinrich Roelfse, 18 Ernst Ladendorf, 19 Martin Sithole, 20 Ethan Jantjies, 21 Leighton van Wyk, 22 Lorenzo Gordon.

SWD

15 Leighton Eksteen, 14 Alshaun Bock, 13 Tyler Fisher,12 Marlou van Niekerk (kaptein), 11 Adi Jacobs, 10 Robbie Peter, 9 Johan Steyn, 8 Davon Raubenheimer, 7 Nicolaas Immelman, 6 Wayne Wilschut, 5 Cornell Hess, 4 Wiehan Hay, 3 Vukile Sofisa, 2 Le Roux Baard, 1 Teunis Nieuwoudt. Bank: 16 Jacques Vermaak, 17 Lux Koza, 18 Dewald Dekker, 19 Ruben Schoeman, 20 Janneman Stander, 21 Kirsten Heyns, 22 Ganfried May.

Boland

15 Adriaan Carelse, 14 Charles Mayeza, 13 Gerrit van Wyk, 12 Edwin Sass, 11 Sergio Torrens, 10 Elgar Watts (onderkaptein), 9 Jovelian de Koker, 8 Zandré Jordaan (kaptein), 7 Ludio Williams, 6 Tapiwa Tsomondo, 5 Rinus Bothma, 4 Marlyn Williams, 3 Clinton Theron, 2 Clemen Lewis, 1 Arnout Malherbe. Bank: 16 Francois Esterhuyzen, 17 Stefaan Grundlingh, 18 McMillan Muller, 19 Kenan Cronje, 20 Jaywin Juries, 21 Valentino Wellman, 22 Andries Viljoen.

Pumas

15 Devon Williams, 14 Morné Joubert, 13 Wayno Visagie, 12 Hennie Skorbinski (kaptein), 11 Boeta Vermaak, 10 Justin van Staden, 9 Reynier van Rooyen, 8 Willie Engelbrecht, 7 Hilton Lobberts, 6 Brian Shabangu, 5 Cameron Lindsay, 4 Le Roux Roets, 3 Louis Albertse, 2 Simon Westraadt, 1 Morgan Naudé. Bank: 16 Marko Janse van Rensburg, 17 De-Jay Terblanché, 18 Hugo Kloppers, 19 Stefan Willemse, 20 Abri Griesel, 21 Chris Smith, 22 Barend Smit.

Griffons

15 Wynand Pienaar, 14 Ezrick Alexander, 13 Duan Pretorius (kaptein), 12 Arthur Williams, 11 Rodney Damons, 10 Jaun Kotzé, 9 Sherwin Cupido, 8 Codey Basson, 7 Vince Maruping, 6 Thato Mavundla, 5 Neill Claassens, 4 Gavin Annandale, 3 Danie van der Merwe, 2 Anrich Alberts, 1 Barend Potgieter. Bank: 16 Johan Meintjies, 17 JP Mans, 18 JP Alberts, 19 Henco Greyling, 20 Jean Pretorius, 21 Malcolm Kerr-Till, 22 Joubert Engelbrecht.

Luiperds

15 Tapiwa Mafura, 14 Frans Botha, 13 Bradley Moolman, 12 Gerhard Nortier, 11 Lungelo Gosa, 10 Schalk Hugo, 9 Chriswill September (kaptein), 8 Edward Haas, 7 HP Swart, 6 Gideon van der Merwe, 5 Walt Steenkamp, 4 Jaco Swanepoel, 3 Matimu Manganyi, 2 Dane van der Westhuizen, 1 Johan Smith. Bank: 16 Marius Stander, 17 Robert Hunt, 18 Boela Venter, 19 Ruan Viljoen, 20 Nkosana Mathaba, 21 Evardi Boshoff, 22 Eugene Hare.

Griekwas

15 Luxolo Ntsepe, 14 Godfrey Ramaboea, 13 Christopher Bosch, 12 Jonathan Francke, 11 Tythan Adams, 10 George Whitehead, 9 Christiaan Meyer, 8 Conway Pretorius, 7 Sias Koen, 6 Kevin Kaba, 5 Pieter van Vuren (kaptein), 4 Sintu Manjezi, 3 Nicolaas Oosthuizen, 2 Khwezi Mkhafu, 1 Devon Martinus. Bank: 16 AJ le Roux, 17 Ewald van der Westhuizen, 18 Ruan Kramer, 19 Jono Janse van Rensburg, 20 Louis Venter, 21 De Wet Kruger, 22 André Swarts.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.