Supersportreeks bied min vir opgewondenheid

Soos verwag is, het Vrydag en Saterdag se wedstryde in die Supersportreeks min opgelewer om oor opgewonde te raak.

Die kragmetings in Welkom en Nelspruit het wel heel mededingend verloop, met die Sharks-vyftiental wat net-net met 45-43 teen die Griffons gewen het (rustyd 28-14), en die Pumas wat die Goue Leeus-vyftiental met 43-35 verslaan het (rustyd 21-14).

Die Pumas (Noord), die Vrystaat-vyftiental (Sentraal) en die Westelike Provinsie (Suid) is steeds onoorwonne.

Die Vrystaters het die Luiperds in Potchefstroom met 38-26 verslaan (rustyd 19-20), en die WP het Grens in Kaapstad met 52-24 oorheers (rustyd 17-12).

In George het die Suidwestelike Distrikte met 47-28 teen die OP gewen (rustyd 28-0), en in Windhoek was die Blou Bulle-vyftiental met 47-31 teen die Welwitschias baas (rustyd 28-7).

Leighton Eksteen (SWD) het 17 punte met ʼn drie en ses doelskoppe aangeteken.

Jaun Kotzé (Griffons) en Danrich Visagie (Sharks) het elk 15 punte met ses doelskoppe en ʼn strafdoel behaal.

Die puntemakers –

Luiperds 26 (20) – Drieë: Sthembiso Mhlongo, Gene Willemse. Doelskoppe: Schalk Hugo (2). Strafdoele: Schalk Hugo (4).

Vrystaat 38 (19) – Drieë: Joseph Dweba, Gunther Janse van Rensburg, Niell Jordaan, Ernst Stapelberg, Daniël Maartens, Zee Mkhabela. Doelskoppe: Benhard Janse van Rensburg (3), Ernst Stapelberg.

SWD 47 (28) – Drieë: Marlou van Niekerk, Johan Steyn, Leighton Eksteen, Ruben Schoeman, Alshaun Bok, Tyler Fisher, Janneman Stander. Doelskoppe: Leighton Eksteen (6).

OP 28 (0) – Drieë: Riaan Arends, Nkululeko Marwana, Josh Kota, Quintin Haasbroek. Doelskoppe: Ruben de Vos (4).

Griffons 43 (14) – Drieë: JP Mans, Cody Basson, Rodney Damons, Duan Pretorius, Ezrick Alexander, JJ Pretorius. Doelskoppe: Jaun Kotzé. Strafdoel: Jaun Kotzé.

Sharks 45 (28) – Drieë: Tera Mtembu, Aphelele Fassi, Jeremy Ward, Tristan Blewitt (2), Grant Williams. Doelskoppe: Danrich Visagie (6). Strafdoel: Danrich Visagie.

Welwitschias 31 (7) – Drieë: Rohan Kitshoff, Darryl de la Harpe, Johan Tromp, Daniël van Vuuren, JC Greyling.

Blou Bulle 47 (28) – Drieë: Mox Mxoli, Johan Grobbelaar, Jamba Ulengo, Franco Naude, Xolisa Guma (2), Matthys Basson. Doelskoppe: Andell Loubser (6).

Pumas 43 (21) – Drieë: Stefan Ungerer, Stefan Willemse, Gerrit Smith, Frank Herne, Willie Engelbrecht, Alwayno Visagie. Doelskoppe: Justin van Staden (4), Barend Smit. Strafdoel: Justin van Staden.

Goue Leeus 35 (14) – Drieë: Sithembiso Sithole, Jan-Louis La Grange, Wayne van der Bank, Xolane Mnisi, Marco Janse van Rensburg. Doelskoppe: Shaun Reynolds (5).

WP 52 (17) – Drieë: Duncan Saal (2), Jaco Coetzee (2), Daniel du Plessis, Justin Phillips, Cornel Smit, Herschel Jantjies. Doelskoppe: Tristan Leyds (5), Tiaan Swanepoel.

Grens 24 (12) – Drieë: Lonwabo Nteki (2), Mihlali Mpafi, Base Dubase. Doelskop: Athenkosi Manentsa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Snuffels ·

Ek skeduleer eerder vir my n prostaat ondersoek deer Freddie Krueger as om dit te kyk! Baie minder pynvol

Albert ·

Die gehalte van rugby wat daar gespeel word is baie swak, dit is die begin van die einde. SA Rugby moet pa staan vir die gemors want die toeskouers stem met hul voete want hul is goedkoper om by die huis te bly en in die tuin te werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.