SuperSportreeks: ʼn vars nuwe klub- en provinsiale briesie

Die SuperSport-uitdaagreeks wat oor elf dae begin, is Maandag by die Bill Jardine-stadion in Johannesburg amptelik bekend gestel.

Die reeks sal na verwagting die plek van die suksesvolle Vodacombekerreeks volstaan.

Die nuwe reeks vervang verlede jaar se teleurstellende en ondeurdagte opstellende reeks om die spanne te bepaal wat in  die 2016-Curriebeker Premierliga sou speel.

Gelukkig is die deelnemende spanne vir die Premierliga vir vanjaar bepaal na die opstellende reeks wat niks meer was as ʼn belediging vir provinsiale rugby nie.

Die borg en SA Rugby se doelwitte met die nuwe reeks is velerlei: om die windstilte te vul wat spelers  van provinsiale gehalte moet deurleef terwyl die Superreeks aan die gang is en aan hulle gehalte-rugby teen ander provinsiale spanne te bied; om die gaping tussen klub- en provinsiale rugby te help oorbrug; en vernaamlik om met die reeks die spel ook na meer afgeleë velde te neem waar groot rugby selde gespeel word.

♦  Op vyf Sondae gedurende die tien weke wat die toernooi duur, sal daar ʼn rugbydag op velde wees waar daar nie gewoonweg provinsiale rugby gespeel word nie.

Vier provinsiale spanne en twee klubspanne sal op dieselfde dag teen mekaar speel en die drie wedstryde sal op elk van die vyf betrokke Sondae direk uitgesaai word.

Die eerste van die rugbydae is dié op 23 April op die Wolfsonstadion in Port Elizabeth waar die provinsiale kragmetings van die WP en die OP, en ook die Grens Bulldogs en die Boland Kavaliers, gespeel word. Dit word voorafgegaan  deur die klubwedstryd tussen die African Bombers en die PE Harlequins.

Daar sal ook op die Bill Jardinestadion in Industria (Johannesburg), die Impala Rugbyklub in Rustenburg, die Bridgton-sportvelde in Oudtshoorn en in Oos-Londen gespeel word.

Soos Pale Toe! van tyd tot tyd berig, is daar geweldige belangstelling vir klubrugby in  heelparty van die land se 14 unies, en in die Boland word gereeld rugbywedstryde oor soveel as 9 000 toeskouers gespeel.

“Daar is ʼn historiese band tussen klub- en provinsiale rugby wat in die beroepsera grootliks verlore gegaan het. Die SuperSport Rugby-uitdaagreeks sal hopelik hierdie band herstel en ook van Suid-Afrika se voorste klubderbies uitstal,” het die hoof- uitvoerende beampte van SA Rugby, Jurie Roux, Woensdag by die bekendstelling gesê.

Hierdie wedstryde sal op ook SuperSport se kanaal 210 uitgesaai word en selfs op kanaal 201 wanneer die skedulering dit toelaat.

♦  Die nuwe reeks se 15 spanne – die 14 provinsiale unies en die Welwitchias van Namibië – is in drie streke van vyf spanne elk verdeel wat almal binne hulle streek op ʼn tuis- en weggrondslag teen mekaar speel.
Die voorste twee spanne van elke streek plus die twee spanne wat derde eindig met die meeste ligapunte, sal in die kwarteind teen mekaar speel (Sondag 2 Julie), met die halfeindwedstryde en die eindstryd die daaropvolgende twee Sondae.

Die bepalings –

Vrydag 21 April
Sharks XV v Griekwas (veld moet bepaal word)
Saterdag 22 April
Blou Bulle vs Pumas (Loftus Versfeld)
Valke vs Welwitschias (Barnardstadion, Kempton Park)
Griffons vs Luiperds (Noordwesstadion)
Sondag 23 April – Rugbydag
African Bombers vs PE Harlequins (Wolfsonstadion, Port Elizabeth)
Grens Bulldogs vs Boland Kavaliers (Wolfsonstadion, Port Elizabeth)
OP Kings vs Westelike Provinsie (Wolfsonstadion, Port Elizabeth)
Vrydag 28 April
SWD Arende vs OP Kings (Outenikwapark)
Saterdag 29 April|
Vrystaat Cheetahs XV vs Griffons (Vrystaatstadion)
Griekwas vs Luiperds (Hoërskool Diamantveld, Kimberley)
Welwitschias vs Blou Bulle (veld moet bepaal word)
Pumas vs Goue Leeus (KaNyamazane, Nelspruit)
Westelike Provinsie vs Grens Bulldogs (veld moet bepaal word)
Vrydag 5 Mei
Luiperds vs Vrystaat Cheetahs XV (Olënpark, Potchefstroom)
Grens Bulldogs vs SWD Arende (veld moet bepaal word)
Saterdag 6 Mei
Blou Bulle vs Valke (Loftus Versfeld
Goue Leeus vs Welwitschias (veld moet bepaal word)
Griffons vs Sharks XV (veld moet bepaal word)
Boland Kavaliers vs Westelike Provinsie (veld moet bepaal word)
Vrydag 12 Mei
Vrystaat Cheetahs XV vs Griekwas (Vrystaatstadion)
SWD Arende vs Boland Kavaliers (Outenikwapark)
Saterdag 13 Mei
OP Kings vs Grens Bulldogs (Nelson Mandelabaai-stadion) Sharks XV vs Luiperds (Kingspark 2)
Sondag 14 Mei – Rugbydag
Raiders vs Wanderers (Bill Jardine-stadion)
Pumas vs Welwitschias (Bill Jardine-stadion)
Goue Leeus vs Valke (Bill Jardine-stadion)
Vrydag 19 Mei
Westelike Provinsie vs SWD Arende (Nuweland)
Saterdag 20 Mei
Goue Leeus vs Blou Bulle (veld moet bepaal word)
OP Kings vs Boland Kavaliers (veld moet bepaal word)
Valke vs Pumas (Barnardstadion)
Sharks XV vs Vrystaat Cheetahs XV (veld moet bepaal word)
Griffons vs Griekwas (veld moet bepaal word)
Saterdag 27 Mei
Pumas vs Blou Bulle (Mbombela-stadion)
Welwitschias vs Valke (veld moet bepaal word)
Westelike Provinsie vs OP Kings (veld moet bepaal word)
Boland Kavaliers vs Grens Bulldogs (veld moet bepaal word)
Sondag 28 Mei – Rugbydag
Rustenburg Impala vs QBR (Impala-rugbyklub)
Griffons vs Vrystaat Cheetahs XV (Impala-rugbyklub)
Luiperds vs Griekwas (Impala-rugbyklub)
Vrydag 2 Junie
Vrystaat Cheetahs XV vs Luiperds (Vrystaatstadion)
Saterdag 3 Junie
Blou Bulle vs Welwitschias (Loftus Versfeld, Pretoria)
Goue Leeus vs Pumas (Ellispark)
Sharks XV vs Griffons (veld moet bepaal word)
Sondag 4 Junie – Rugbydag
Swallows vs Winter Rose (Oos-Londen)
OP Kings vs SWD Arende (Oos-Londen)
Grens Bulldogs vs Westelike Provinsie (Oos-Londen)
Vrydag 9 Junie
Valke vs Blou Bulle (Barnardstadion)
SWD Arende vs Grens Bulldogs (Outenikwapark)
Saterdag 10 Junie
Griekwas vs Vrystaat Cheetahs XV (Griekwapark)
Welwitschias vs Goue Leeus (veld nog nie bepaal)
Luiperds vs Sharks XV (Olënpark)
Westelike Provinsie vs Boland Kavaliers (veld moet bepaal word)
Donderdag 15 Junie
Grens Bulldogs vs OP Kings (veld moet bepaal word)
Vrydag 16 Junie
Valke vs Goue Leeus (Barnardstadion)
Luiperds vs Griffons (Glenpark)
Saterdag 17 Junie
Boland Kavaliers vs SWD Arende (Malmesbury)
Welwitschias vs Pumas (Hage Geingobstadion, Windhoek)
Griekwas vs Sharks XV (Griekwapark)
Vrydag 23 Junie
Blou Bulle vs Goue Leeus (veld nog nie bepaal)
Saterdag 24 Junie
Boland Kavaliers vs OP Kings (veld moet bepaal word)
Pumas vs Valke (Mbombela Stadium, Nelspruit)
Vrystaat Cheetahs XV vs Sharks XV (Vrystaatstadion)
Griekwas vs Griffons (Griekwapark)
Sondag 25 Junie – Rugbydag|E
Evergreens vs Hawston (Bridgton-sportvelde, Oudtshoorn)
Bridgton vs Progress (Bridgton-sportvelde, Oudtshoorn)
SWD Arende vs Westelike Provinsie (Bridgton-sportvelde, Oudtshoorn)
Sondag 2 Julie
Kwarteind
Sondag 9 Julie
Halfeind
Sondag 16 Julie
Eindstryd

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JohanvSchaik ·

Mens sou dink die Pumas wat Hoeveld + Laeveld streke het een game op die hoeveld sou kom speel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.