SuperSportreeks se kwarteinders bepaal

Die spanne vir die kwarteindronde van die SuperSportreeks is bepaal sonder om juis verrassings op te lewer.

Die Pumas speel tuis teen die Blou Bulle-vyftiental; en Griekwas tree as gasheer vir Boland op.

Die res moet Mdantsane toe piekel, waar die Westelike Provinsie teen die Vrystaat-vyftiental, en die Sharks teen die Goue Leeus-vyftiental speel.

Die naweek se uitslae: Pumas klop Valke 58-29 (rustyd 21-22); Sharks klop Vrystaat 48-21 (rustyd 19-7); Boland klop die Oostelike Provinsie 20-12 (rustyd 10-0); Griekwas klop die Griffons 37-31 (rustyd 17-14); Westelike Provinsie klop die Suidwestelike Distrikte 41-26 (rustyd 29-16).

Die 18 punte wat die Pumas se Chris Smith teen die Valke aangeteken het, het hom met 94 as die voorste puntemaker van die rondomtaliefase laat eindig.

Enver Brandt (Griekwas) se nege drieë was die meeste.

Die puntemakers

Goue Leeus 47 (19) – Drieë: James Venter, Courtnal Skosan (3), Ruan Combrinck (2), Jacques van Rooyen. Doelskoppe: Shaun Reynolds (5), Ashlon Davids.

Blou Bulle 29 (15) – Drieë: Hanro Liebenberg, Franco Naudé, Jason Jenkins, Ruben van Heerden. Doelskoppe: Manie Libbok (3). Strafdoel: Manie Libbok.

Valke 29 (22) – Drieë: Andries Truter (2), Andrew Volschenk, Ettienne Taljaard. Doelskoppe: Anrich Richter (2), Warren Potgieter. Strafdoel: Anrich Richter.

Pumas 58 (21) – Drieë: Le Roux Roets, Marko Janse van Rensburg (3), Ryan Nell, Willie Engelbrecht, Devon Williams, Jeandré Rudolph. Doelskoppe: Chris Smith (6). Strafdoele: Chris Smith (2).

Sharks 48 (19) – Drieë: Wian Vosloo, Louis Schreuder, Ross Geldenhuys, Cameron Wright, Marius Louw (2), Jeremy Ward. Doelskoppe: Curwin Bosch (3), Garth April (2). Strafdoel: Curwin Bosch.

Vrystaat 21 (7) – Drieë: Strafdrie, Marius van der Merwe (2). Doelskoppe: Barend Janse van Rensburg (2).

OP 12 (0) – Drieë: Brendon Brown, Mbeko Kota; Doelskop: Simon Bolze.

Boland 20 (10) – Drieë: Arnout Malherbe, Ludio Williams. Doelskoppe: Elgar Watts (2). Strafdoele: Elgar Watts (2).

Griffons 31 (14) – Drieë: Barend Potgieter, Danie van der Merwe, Cody Basson, Joubert Engelbrecht. Doelskoppe: Jaun Kotzé (3), Duan Pretoruis. Strafdoel: Jaun Kotzé.

Griekwas 37 (17) – Drieë: Louis Venter (2), De Wet Kruger, Godfrey Ramaboea. Doelskoppe: George Whitehead (4). Strafdoele: George Whitehead (3).

WP 41 (29) – Drieë: Dan du Plessis, EW Viljoen, Juarno Augustus, Joshua Stander, Dean Muir, strafdrie. Doelskoppe: Joshua Stander (3). Strafdoel: Joshua Stander.

SWD 26 (16) – Drieë: Johan Steyn, Nicolaas Immelman. Doelskop: Leighton Eksteen. Strafdoele: Leighton Eksteen (4).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.