Supersportreeks: Spyskaart skyn maar skralerig

Op die oog af skyn die naweek se spyskaart vir die Supersportreeks maar skralerig te wees.

Waarskynlik die enigste werklik mededingende stryd kan Sondag op Oudtshoorn verwag word waar die Blou Bulle en die Goue Leeus se vyftientalle kragte meet by een van Supersport se rugbyfeeste.

Dis te betwyfel of die Sharks-vyftiental sy Vrystaatse eweknie Vrydag in Bloemfontein kan troef, maar die hoop hoef seker nie te beskaam nie.

Wat die res betref, kan ʼn mens nie juis iets anders as eenrigtingverkeer verwag nie.

Boland behoort Saterdag in Montagu min moeite te ervaar om met die Oostelike Provinsie af te reken.

Die Pumas kan in Nelspruit teen die Valke kwalik anders as om hul voorsprong in die Noorderafdeling te vergroot.

Rugbykykers op Kathu kan hulle regmaak vir ʼn Griekwas-sege oor die Griffons.

In die hoofwedstryd Sondag op Oudtshoorn sal die Suidwestelike Distrikte bo sy vermoë moet speel om die Westelike Provinsie te tem.

Die naweek se bepalings –

Vrydag

18:00 Cheetahs teen Sharks, Vrystaatstadion, Bloemfontein.

Saterdag

14:30 Boland teen OP, Montagu-rugbyklub.
15:00 Pumas teen Valke, Mbombela-stadion, Nelspruit.
15:00 Griekwas teen Griffons, Sivosstadion, Kathu.

Sondag

13:00 Blou Bulle teen Goue Leeus, Bridgton-sportterrein, Oudtshoorn.
15:00 SWD teen WP, Bridgton-sportterrein, Oudtshoorn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Boerseun ·

wat n getjommel. Niks anders as window dressing , met die klere se gehalte en styl maar swak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.