Supersportreeks: vuurwerk plek-plek te wagte

Vuurwerk kan plek-plek te wagte wees namate die deelnemers aan die Supersportreeks om ʼn trappie hoër op die punteleer begin veg.

Boaan die lys sou normaalweg die derby tussen Griekwas en die Vrystaat-vyftiental in die Sentraalafdeling wees, maar dit is jammer dat hulle weg van hul tuisskares af, in Rustenburg, moet kragte meet. In Bloemfontein en Kimberley lewer botsings tussen dié twee bure gewoonlik rillerstryde op.

Albei spanne is tot dusver onoorwonne, en dit behoort steeds Sondag die beste uit hulle te haal.

In Wellington sal Boland wil toon dat sy afgelope knap vertoning teen die verdedigende kampioen, die Westelike Provinsie, nie van verbygaande aard is nie, en die Suidwestelike Distrikte sal moet uithaal om sy tweede plek in die Suiderafdeling te behou.

Sowel die Valke as die Goue Leeus het een van hul twee wedstryde tot dusver verloor, en hulle behoort te besef dat Saterdag se wedstryd in die Barnardstadion, Kemptonpark, deurslaggewend vir hul toekoms in vanjaar se reeks kan wees. Wie ook al verloor, kan sukkel om vorentoe by te bly.

Die Pumas behoort Saterdag in Windhoek teen die Welwitschias hul eerste plek in die Noorde terug te wen, hoewel die tuisspan bemoedigend teen die Goue Leeus vertoon het.

Wat Vrydag se wedstryd tussen Grens en die Oostelike Provinsie in Oos-Londen betref, is dit ʼn stryd tussen die twee agterosse in die Suide om ʼn eerste oorwinning te behaal.

Sondag se ander kragmeting in Rustenburg, tussen die vyftientalle van die Luiperds en die Sharks, is insgelyks ʼn agterosstryd (Sentraal), met die Luiperds wat nog ʼn eerste sege jag.

Die naweek se bepalings –

Vrydag

19:00 Grens teen OP, Buffalostad-stadion, Oos-Londen

Saterdag

15:00 Valke teen Goue Leeus, Barnardstadion, Kemptonpark

15:00 Welwitschias teen Pumas, Hage Geingob-stadion, Windhoek

16:00 Boland teen SWD, Bolandstadion, Wellington

Sondag

13:45 Griekwas teen Vrystaat, Impala-rugbyveld, Rustenburg

16:00 Luiperds teen die Sharks, Impala-rugbyveld, Rustenburg

Beskikbare spanne –

Boland

15 Jacquin Jansen, 14 Sergio Torrens, 13 Gerrit van Wyk, 12 Edwin Sass, 11 Valentino Wellman, 10 Elgar Watts (onderkaptein), 9 Jovelian de Koker, 8 Zandré Jordaan (kaptein), 7 Ludio Williams, 6 Tapiwa Tsomondo, 5 Rinus Bothma, 4 Marlyn Williams, 3 Clinton Theron, 2 Francois Esterhuyzen, 1 Kyle Kruger. Bank:16 Clemen Lewis, 17 Arnout Malherbe, 18 Stefaan Grundlingh, 19 Kenan Cronjé, 20 Emile Booysen, 21 Ryno Benjamin, 22 Adriaan Carelse.

SWD

15 Leighton Eksteen, 14 Marlo Weich, 13 Tyler Fisher, 12 Marlou van Niekerk, 11 Kirsten Heyns, 10 Divan Nel, 9 Dillin Snel 8 Fabian Booysen (kaptein), 7 Nicolaas Immelman, 6 Wayne Wilschut,5 Cornell Hess,4 Wiehan Hay,3 Dewald Dekker, 2 Jacques Vermaak, 1 Teunis Nieuwoudt. Bank: 16 Le Roux Baard, 17 Luxolo Koza, 18 Vuks Sofisa, 19 Ruben Schoeman, 20 Janneman Stander, 21 Robbie Petzer, 22 Vuyo Mbotho.

Goue Leeus

15 Jeanluc Cilliers,14 Jan-Louis la Grange, 13 Wayne van der Bank,12 Howard Mnisi, 11 Anthony Volmink, 10 Shaun Reynolds, 9 Ross Cronjé, 8 James Venter, 7 Vincent Tshituka, 6 Phumzile Maqondwana, 5 Ruan Vermaak, 4 Robert Kruger (kaptein), 3 Chergin Fillies, 2 Pieter Jansen, 1 Sithembiso Sithole. Bank: 16Corné Fourie, 17Nico du Plessis, 18Connor Brockschmidt, 19 Cristen van Niekerk, 20Marco Jansen van Vuren, 21Siyabonga Masuku,22 Eduard Fouché.

Welwitschias

15 Chrysander Botha,14 Gino Wilson, 13 JC Greyling,12 Darryl de la Harpe, 11 Johann Tromp,10 PW Steenkamp, 9 Eugene Jantjies,8Leneve Damens,7 Adriaan Booysen,6 Thomasua Forbes,5 Max Katjijeko,4Mahepisa Tjeriko 3 AJ de Klerk, 2 Obert Nortjé 1 Desiderius Sethie. Bank: 16 Niel van Vuuren, 17 Jason Benadé, 18 Hauta Veii, 19 Ruan Ludick, 20 Christo van der Merwe, 21 TC Kisting, 22Mahco Prinsloo.

Pumas

15 Devon Williams, 14 JP Lewis, 13 Hennie Skorbinski (kaptein), 12 Henko Marais, 11 Ruwellyn Isbel,10 Justin van Staden, 9 Reynier van Rooyen, 8 Willie Engelbrecht, 7 Hilton Lobberts, 6 Jeandré Rudolph, 5 Cameron Lindsay, 4 Jannie Stander, 3 Marné Coetzee, 2 Frankie Herne, 1 De-Jay Terblanche. Bank:16 Marko Janse van Rensburg, 17 Simon Westraadt, 18 Hugo Kloppers, 19 Nardus van der Walt, 20 Abrie Griesel, 21 Christopher Smith, 22 Trompie Pretorius.

Griekwas

15 Eric Zama, 14 Ederies Arendse, 13 Kyle Steyn, 12 Christopher Bosch, 11 Enver Brandt, 10 Andre Swarts, 9 Louis Venter, 8 Conway Pretorius, 7 Sias Koen, 6 Wendal Wehr, 5 Pieter Jansen van Vuren (kaptein), 4. Jono Janse van Rensburg, 3 Ruan Kramer, 2 AJ le Roux, 1 Nicolaas Oosthuizen. Bank: 16 Wilmar Arnoldi, 17 Mkhafu Kwezi, 18 Manjezi Sintu, 19 De Wet Kruger, 20 Christiaan Meyer, 21 Jonathan Francke, 22 Pieter-Steyn de Wet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.