SuperSportreeks: Vuurwerk tot louwarm kole wag

Behalwe ʼn enkele stukkie vuurwerk lyk dit of daar Saterdag en Sondag nie veel meer nie as louwarm kole in die SuperSportreeks wag.

Hopelik is dit ʼn verkeerde taksering.

Saterdag se derby tussen die Vrystaat-vyftiental en Griekwas en Kimberley kan kort duskant oorlog omdraai.

Dis merendeels die geval wanneer dié twee buurspanne op die rugbyveld aanmekaar spring.

Griekwas is in die eerste ronde te nagekom deurdat hulle hul “tuiswedstryd” op Rustenburg moes gaan speel. Hulle is aan die slaap gevang, en was rustyd met 0-24 agter. ʼn Allemintige terugvegpoging het hulle tot twee punte van ʼn sege gebring, maar die Vrystaters was uiteindelik met 32-31 baas.

Die Poubloues sal Saterdag dié onreg wil regstel en die onoorwonne tuisspan kan maar sy lyf vetsmeer. Die besoekers sal moet wen as hulle eerste in die Sentraalstreek wil kom.

Die wedstryd in Oos-Londen tussen Grens en die Suidwestelike Distrikte kan dalk iets noemenswaardigs oplewer.

Die besoekers het die eersterondebotsing oortuigend met 38-20 gewen en ʼn sege is vir hulle belangriker as vir die tuisspan, wat sedertdien aanmerklik beter speel.

Wat die res betref, behoort die Goue Leeus-vyftiental die Welwitschias te ontwortel; die Blou Bulle die Valke se stertvere te pluk; die Westelike Provinsie die Boland Kavaliers uit die saal te lig; en die Sharks-vyftiental die Luiperdstert te knoop.

Die naweek se bepalings –

Saterdag

15:00 Goue Leeus teen Welwitschias, Wits-rugbystadion, Johannesburg.
15:00 Blou Bulle teen Valke, Loftus Versfeld, Pretoria.
18:00 Vrystaat teen Griekwas, Vrystaatstadion, Bloemfontein.
19:00 Grens teen SWD, Buffalostad-stadion, Oos-Londen.

Sondag

14:15 Boland teen WP, Esselenpark, Worcester.
17:00 Sharks teen Luiperds, Piet Retief-rugbyklub.

Beskikbare spanne –

Goue Leeus

15 Jeanluc Cilliers, 14 Selom Gavor, 13 Wayne van der Bank, 12 Eduard Fouché, 11 Anthony Volmink,10 Siya Masuku, 9 Krappie van den Berg,8 Len Massyn, 7 Vincent Tshituka, 6 James Venter, 5 Rhyno Herbst (kaptein), 4 Robert Kruger, 3 Chergin Fillies, 2 HP van Schoor, 1 Stephen Bhasera. Bank: 16 Pieter Jansen, 17 Leo Kruger, 18 Conor Brockschmidt, 19 Phumzile Maqondwana, 20 Bradley Thain, 21 Inny Radebe, 22 Austin Davids.

Vrystaat

15 Darren Adonis, 14 Ali Mgijima, 13 Benhard Janse van Rensburg, 12 Lloyd Greeff, 11 Vuyani Maqina, 10 Ryno Eksteen, 9 Zee Mkhabela, 8 Jasper Wiese, 7 Gerhard Olivier, 6 Niell Jordaan (kaptein), 5 JP du Preez, 4 Justin Basson, 3 Luan de Bruyn, 1 Erich de Jager. Bank: 16 Jospeh Dweba, 17 Boan Venter, 18 Gunther Janse van Vuuren, 19 Sibabalo Qoma, 20 Stephan Malan, 21 Ruan van Rensburg, 22 Sango Xamlashe.

Griekwas

15 AJ Coertzen (onderkaptein), 14 Ederies Arendse, 13 Kyle Steyn, 12 Jonathan Francke, 11 Enver Brandt, 10 George Whitehead, 9 Christiaan Meyer, 8 Conway Pretorius, 7 Sias Koen, 6 Wendal Wehr, 5 Pieter van Vuren (kaptein), 4 Sintu Majenzi, 3 Ruan Kramer, 2 Kwezi Mkhafu, 1 Devon Martinus. Bank: 16 AJ le Roux, 17 Nicolaas Oosthuizen, 18 Wandile Putuma, 19 Kevin Kaba, 20 Damian Stevens, 21 Pieter-Steyn de Wet, 22 Christopher Bosch.

Boland

15 Adriaan Carelse, 14 Charles Mayeza, 13 Gerrit van Wyk, 12 Edwin Sass, 11 Sergio Torrens, 10 Elgar Watts (onderkaptein), 9 Jovelian de Koker, 8 Zandré Jordaan (kaptein), 7 Ludio Williams, 6 Tapiwa Tsomondo, 5 Rinus Bothma, 4 Marlyn Williams, 3 Clinton Theron, 2 Clemen Lewis, 1 Arnout Malherbe. Bank:16 Francois Esterhuyzen, 17 Stefaan Grundlingh, 18 Brandon Valentyn, 19 Kenan Cronjé, 20 Jaywin Juries, 21 Valentino Wellman, 22 Andries Viljoen.

Grens

15 Xolela Payi, 14 Siphosenkosi Nofemele, 13 Lonwabo Ntleki, 12 Somila Mantyoyi,11 Somila Jho, 10 Aphiwe Stemele, 9 Sinovuyo Nyoka (onderkaptein), 8 Onke Dubase, 7 Billy Dutton (kaptein), 6 Lukhanyo Nomzanga, 5 JC van Rensburg, 4 Hendri Storm, 3 Lwando Mabenga, 2 Mihlali Mpafi, 1 Blake Kyd. Bank:16 Maliviwe Simanga, 17 Siyamthanda Ngande, 18 Athenkosi Khethani, 19 Nkosikhona Nofuma, 20 Bangi Kobese, 21 Mihlali Ngcukana, 22 Sibongile Novuka.

SWD

15 Leighton Eksteen, 14 Adi Jacobs, 13 Tyler Fisher, 12 Marlou van Niekerk (kaptein), 11 Alshaun Bock, 10 Robbie Petzer, 9 Johan Steyn, 8 Davon Raubenheimer, 7 Nicolaas Immelman, 6 Wayne Wilschut, 5 Cornell Hess, 4 Wiehan Hay, 3 Basil Short, 2 Le Roux Baard, 1 Lux Koza. Bank: 16 Jacques Vermaak, 17 Teunis Nieuwoudt, 18 Vukile Sofisa, 19 Ruben Schoeman, 20 Janneman Stander, 21 Kirsten Heyns, 22 Ganfried May.

Luiperds

15 Tapiwa Mafura, 14 Frans Botha, 13 Bradley Moolman, 12 Gerhard Nortier, 11 Lungelo Gosa, 10 Schalk Hugo, 9 Chriswill September (kaptein), 8 HP Swart, 7 Boela Venter, 6 Gideon van der Merwe, 5 Walt Steenkamp, 4 Sthimbiso Mhlongo, 3 Matimu Manganyani, 2 Dane van der Westhuizen, 1 Johan Smith. Bank: 16 Marius Stander, 17 Robert Hunt, 18 Jaco Swanepoel, 19 Edward Haas, 20 Nkosana Mathaba, 21 Evardi Boshoff, 22 DP de Lange.

Valke

15 Jan Truter, 14 Don Mlondobozi, 13 Etienne Taljaard, 12 Grant Janke, 11 Lorenzo Gordon, 10 Errol Jaggers, 9 André du Plessis, 8 Friedle Olivier, 7 Robey Leibrandt, 6 Thabo Mabuza, 5 Jacques Alberts, 4 Shane Kirkwood, 3 Andries Schutte, 2 Marco Klopper, 1 Koos Strauss. Bank: 16 Jan Enslin, 17 Heinrich Roelfse, 18 Ernst Ladendorf, 19 Martin Sithole, 20 Anrich Richter, 21 Leighton van Wyk, 22 Hardus Pretorius.

Blou Bulle

15 Earll Douwrie, 14 Andell Loubser, 13 Dries Swanepoel, 12 JT Jackson, 11 Jamba Ulengo, 10 Tony Jantjies, 9 André Warner, 8 Jano Venter, 7 Denzil Hill, 6 Boom Prinsloo (kaptein), 5 Aston Fortuin, 4 Ruben van Heerden, 3 Conraad van Vuuren, 2 Johan Grobbelaar, 1 Matthys Basson. Bank: 16 Edgar Marutlulle, 17 Nqoba Mxoli, 18 Marius Verwey, 19 Abongile Nonkontwana, 20 Lian du Toit, 21 Theo Boshoff, 22 Franco Naudé.

WP

15 Craig Barry, 14 Logan Basson, 13 Duncan Saal, 12 Dan du Plessis, 11 Edwill van der Merwe, 10 Josh Stander, 9 Justin Phillips, 8 Jaco Coetzee, 7 Chris Massyn, 6 Luke Stringer (captain), 5 Johan du Toit, 4 Ernst van Rhyn, 3 Neethling Fouche, 2 Scarra Ntubeni, 1 Michael Kumbirai. Bank: 16 Chad Solomon, 17 Carlu Sadie, 18 Brendon Esterhuizen, 19 Juarno Augustus, 20 Steph de Wit, 21 Herschel Jantjies, 22 Tristan Leyds.

Sharks

15 Courtney Winnaar, 14 Ilunga Mukendi, 13 Tristan Blewett, 12 Jeremy Ward, 11 Aphelele Fassi, 10 Danrich Visagie, 9 Francois de Villiers, 8 Tera Mtembu (kaptein), 7 Kwanda Dimaza, 6 Wian Vosloo, 5 Andrew Evans, 4 Rikus Zwart, 3 Khutha Mchunu, 2 Kerron van Vuuren, 1 Jordan Els. Bank: 16 Andrew Els, 17 Mzamo Majola, 18 Kyle Whyte, 19 JJ van der Mescht, 20 Cornelius Otto, 21 Sanele Nohamba, 22. Leolin Zass.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.