Supersportronde hoef allermins saai te wees

Saterdag se weekronde van die Supersportreeks hoef allermins saai te wees, en sal hopelik mededingender rugby as verlede week oplewer.

Die spelers sal egter moet toon dat hulle die durf en daadkrag het om die geleentheid wat vir hulle geskep word, aan te gryp. As hulle dit nie doen nie, kan daardie geleentheid geheel en al verdwyn.

Die eerste naweek se wegholoorwinnings voorspel niks goed vir die lewensvatbaarheid van die reeks nie.

♦ Op Wits se universiteitsveld sal die Goue Leeus-vyftiental moet ligloop teen ʼn Pumas-span wat reeds vanjaar met die Blou Bulle klaargespeel het.

As die Pumas met hul, deur die SA Rugbyunie (Saru) beloofde franchise, mededingend oorsee wil speel, sal hulle moet toon dat hulle die Supersportreeks teen die bestaande franchise’e se reserwemagte kan wen.

In dié opsig behoort Jimmy Stonehouse, die bond se nuwe rugbydirekteur, gewis sy stempel op sake af te druk.

♦ Met die Suidwestelike Distrikte (SWD) en die Oostelike Provinsie (OP) het dit die afgelope klompie jare albei broekskeur gegaan, deurdat deurmekaar geldsake eweneens hul vertoning op die veld nadelig beïnvloed het.

Albei streef ʼn opswaai in hul omstandigheid na, en sal hopelik Saterdag se kragmeting in Port Elizabeth in dié lig benader.

Hoewel die Arende Saterdag die eerste keer vanjaar sal toon waartoe hulle in staat is, wil dit tog lyk of hulle wel met die intrapslag in dié reeks met die Olifantekan afreken.

♦ Grens het teen Boland getoon hy kan met beter voorbereiding ʼn moeilike kalant wees, maar dis te betwyfel of die Bulldogs teen die Westelike Provinsie hond haaraf sal maak.

♦ Griekwas is, veral in Kimberley, die gunsteling om die Luiperds-vyftiental hok te slaan. Laasgenoemde is in Schweizer-Reneke behoorlik deur die Griffons afgeslag, en ʼn mens wonder of hulle die reputasie van ʼn gekweste luiperd gestand kan doen.

♦ Die kragmeting in Welkom tussen die Griffons en die Vrystaat-vyftiental kan nogal insiggewend wees wat die Vrystaters se diepte betref.

Vanweë die Cheetahs se deelname aan die Pro14-reeks, het die bond se voorste spelers nog geen blaaskans sedert die einde van die Curriebekerreeks gehad nie, en hul noordelike buurman was, soos reeds genoem, vernietigend teen die Luiperds.

♦ Op Loftus Versfeld behoort die Blou Bulle min moeite te ondervind om die Welwitschias oortuigend te klop.

Beskikbare spanne –

SWD

15 Leighton Eksteen, 14 Vuyo Mboto, 13 Kirsten Heyns, 12 Marlou van Niekerk, 11 Marlo Weich, 10 Divan Nel, 9 Dillen Snel, 8 Fabian Booysen (kaptein), 7 Nicolaas Immelman, 6 Janneman Stander, 5 Cornell Hess, 4 Wiehan Hay, 3 Basil Short, 2 Jacques Vermaak, 1 Teunis Nieuwoudt. Bank: 16 Le Roux Baard, 17 Dewald Dekker, 18 Vukile Sofisa, 19 Ruben Schoeman, 20 Wayne Wilschut, 21 Robbie Petzer, 22 Tyler Fisher.

Goue Leeus-vyftiental

15 Siya Masuku,14 Aphiwe Dyantyi, 13 Jan-Louis la Grange, 12 Wayne van der Bank, 11 Selom Gavor 10 Shaun Reynolds, 9 Marco Jansen van Vuren, 8 Pikkie de Villiers, 7 Robert Kruger (kaptein), 6 Len Massyn, 5 Rhyno Herbst, 4 Jaco Willemse, 3 Chergin Fillies, 2 Corné Fourie, 1 Sti Sithole. Bank: 16 Pieter Jansen, 17 Nico du Plessis, 18 Reinhard Nothnagel, 19 Adriaan Bester, 20 James Venter, 21 Bradley Thain, 22 Eddie Fouché.

Pumas

15 Devon Williams, 14 JP Lewis, 13 Barend Smit, 12 Hennie Skorbinski (kaptein), 11 Ruwellyn Isbel, 10 Christopher Smith, 9 Stefan Ungerer, 8 Nardus van der Walt, 7 Hilton Lobberts, 6 Brian Shabangu, 5 Cameron Lindsay, 4 Tazz Fuzani, 3 Louis Albertse, 2 Marko Janse van Rensburg, 1 De-Jay Terblanche. Bank: 16 Frankie Herne, 17 Andrew Beerwinkel, 18 Jannie Stander, 19 Jeandré Rudolph, 20 Reynier van Rooyen, 21 Justin van Staden, 22 Trompie Pretorius.

Blou Bulle-vyftiental

15 Earll Douwrie, 14 Duncan Matthews, 13 Erich Cronjé, 12 JT Jackson, 11 Andell Loubser, 10 Boeta Hamman, 9 André Warner, 8 Abongile Nonkontwana, 7 Adré Smit, 6 Shaun Adendorff, 5 Aston Fortuin, 4 Ruben van Heerden, 3 Madot Mbokela, 2 Corniel Els, 1 Matthys Basson. Bank. 16 Jan Henning Campher 17 Nqobq Mxoli, 18 Marius Verwey, 19 Kwezi Mafu, 20 Lian du Toit, 21 Tony Jantjies, 22 Marnus Potgieter.

Welwitschias

15 Macho Prinsloo, 14 David Philander, 13 JC Greyling, 12 Darryl de la Harpe, 11 Tuna Amutenya, 10 PW Steenkamp, 9 Eugene Jantjies, 8 Leneve Damens (kaptein), 7 Max Katjijeko, 6 Cameron Langenhoven, 5 Ruan Luick, 4 Denzil van Wyk, 3 AJ de Klerk, 2 Obert Nortje, 1. Desiderius Sethie. Bank: 16 Roderique Victor, 17 Hans Breedt, 18 Herman Grobler, 19 Mahepisa Tjeriko, 20Adriaan Booysen, 21 JC Winkler, 22 Johan Tromp.

WP

15 Tristan Leyds, 14 Duncan Saal, 13 Dan Kriel, 12 Joshua Stander, 11 Edwill van der Merwe, 10 Jean-Luc du Plessis, 9 Herschel Jantjies, 8 Luke Stringer (kaptein), 7 Johan du Toit, 6 Jaco Coetzee, 5 Ruben de Villiers, 4 Marno Redelinghuys, 3 Frans Malherbe, 2 Dean Muir, 1 Ali Vermaak. Bank: 16 Chad Solomon, 17 Kwenzo Blose, 18 Neethling Fouche, 19 Brendon Esterhuizen, 20 Nama Xaba, 21 Labib Kannemeyer, 22 Dan du Plessis.

Griffons

15 Tertius Maarman, 14 Warren Williams, 13 Duan Pretorius (kaptein), 12 Arthur Williams, 11 Rodney Damons, 10 Jaun Kotzé, 9 Malcolm Kerr-Till, 8 Cody Basson, 7 Jean Pretorius, 6 Henco Greyling, 5 Neil Claassen, 4 Gavin Annandale, 3 Danie van der Merwe, 2 Anrich Alberts, 1 Barend Potgieter. Bank: 16 JP Mans, 17 Rudi Brits, 18 JP Alberts, 19 Vince Maruping, 20 Thato Mavundla, 21 Shirwin Cupido, 22 Joubert Engelbrecht.

Vrystaat-vyftiental

15 Darren Adonis, 14 JP Coetzee, 13 Tertius Kruger, 12 Ali Mgijima, 11 Vuyani Maqina, 10 Ernst Stapelberg, 9 Rudy Paige, 8 Jasper Wiese, 7 Gerhard Olivier, 6 Neill Jordaan (kaptein), 5 JP du Preez, 4 Sibabalo Qoma, 3 Gunter Janse van Vuuren, 2 Reinach Venter, 1 Quintin Vorster. Bank: 16 Marnus van der Merwe, 17 Boan Venter, 18 Louis Conradie, 19 Stephan Malan, 20 Daniel Maartens, 21 Dian Badenhorst, Benhard Janse van Rensburg.

Saterdag se bepalings –

12:15 OP teen SWD, Nelson Mandelabaaistadion, Port Elizabeth.
13:00 Goue Leeus teen Pumas, Wits-universiteitstadion, Johannesburg.
14:30 Blou Bulle teen Welwitschias, Loftus Versfeld, Pretoria.
15:00 Grens teen WP, Buffalostad-stadion, Oos-Londen.
15:00 Griekwas teen Luiperds, Hoërskool Diamantveld, Kimberley.
15:30 Griffons teen Vrystaat, Welkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.