Swakopmund kry eerste Curriebekerwedstryd

Curriebekerrugby sal binnekort die heel eerste keer in die geskiedenis op Swakopmund aan die Namibiese weskus gespeel word.

Die Namibiese Rugbyunie (NRU) het Woensdag in Windhoek aangekondig dat die Welwitschias se kragmeting teen die Boland in die Curriebeker- Eerste Liga op 7 September op die Sentrale Sportterrein op dié dorp sal plaasvind.

Die Biltongboere speel vanjaar die eerste keer in ʼn lang tyd in die Curriebekerreeks, nadat hul deelname in die onlangse jare tot die Vodacombeker- en die Supersportreeks beperk was.

Boland is tans vyfde en die Welwitschias sesde op die punteleer, en gelang van wat eerskomende naweek gebeur, kan Swakopmund ʼn kwaai stryd te wagte wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wikkel ·

Klink of die Curriebeker nou die Sport Pienaarbeker geword het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.