Swallows al swaeltjie wat somer maak vir Grens

ooskaapwapenSwallows was Saterdag die enigste swaeltjie wat ʼn bietjie somer vir Grens in die Oos-Kaapse Super 12-reeks kon maak.

Die klub van Mdantsane het sy wedstryd 34-7 gewen – al was dit teen Cambridge van Oos-Londen, `n span van dieselfde bond.

Swallows, ʼn klub wat sy geskiedenis langer as ʼn eeu terugvoer, het met die intrapslag vanjaar van hom laat kennis neem toe hy die heersende kampioen, Gardens van Uitenhage, 16-12 met die kous oor die kop huis toe gestuur het.

Die Oostelike Provinsie-spanne Progress (Uitenhage) en Spring Rose (New Brighton) is steeds onoorwonne.

Progress het Oos-Londen Polisie, die enigste Goue Bekerklub in die reeks, 18-12 geklop; en Spring Rose het met presies dieselfde telling teen Breakers (Queenstown) gewen.

Despatch het sy eerste wedstryd vanjaar in die reeks gewen deur Buffaloes (Oos-Londen) 36-26 te troef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.