Swallows gaan moeilik uit kwarteind gehou word

Swallows van Mdantsane (Grens) het Sondag getoon hy sal moeilik uit die kwarteindronde van die SA Rugbyunie (Saru) se internasionale Goue Bekerreeks gehou word.

In nog ʼn spannende wedstryd wat van agter af gewen is, het dié span wat as promotorskeuse by die reeks gevoeg is, die Oostelike Provinsie se kampioen, Progress van Uitenhage, met 27-26 verslaan.
Progress was rustyd met 12-7 voor.

Swallows is nou die voorloper in die baie mededingende Groep C, nadat hy albei sy wedstryde gewen het.

Tygerberg (Westelike Provinsie) en Progress van George (Suidwestelike Distrikte) het elk een sege agter die blad.

Sasol van Secunda (Pumas) is die voorloper in Groep A, met die verdedigende kampioen, Rustenburg Impala (Luiperds) tweede.

In Groep B is Northam (Limpopo Blou Bulle) boaan die punteleer, met Quins-Bobbies-rugby (Blou Bulle) tweede.

Verlede jaar se naaswenner, Valsbaai (WP), loop voor in Groep D, gevolg deur College Rovers (KwaZulu-Natal).

Die puntelys hieronder toon ook die puntemakers wat met Saterdag se beriggewing nog nie beskikbaar was nie.

Lenience Tambwera (losskakel) het 16 punte vir Old Georgians teen Northam behaal. Hy het met twee doelskoppe en vier strafdoele geslaag.

Die puntemakers –

Progress Uitenhage 26 (12) – Drieë: Deon Plaatjies, Denver Jones, Gustaf Meyer, Raymond Darries. Doelskoppe: Anthony Roman (2), Ricardo Brown.

Swallows 27 (7) – Drieë: Dirango Gqadushe (2), Anele Sibeko. Doelskoppe: Cameron Lentoor (3). Strafdoele: Cameron Lentoor (2).

Sasol 32 (15) – Drieë: Willa Martin (2), Jannie van der Merwe, Pieter Streicher, Berty Visser. Doelskoppe: Jannie van der Merwe (2). Strafdoel: Jannie van der Merwe.

Impala 29 (22) – Drieë: Leon du Plessis, Jaco Fourie, Dumisani Matyeshana (2). Doelskoppe: Cecil Dumond (3). Strafdoel: Cecil Dumond.

Northam 45 (16) – Drieë: Ben Sekgobela (2), Wortel Loots, Whelan Fortuin, Jimmy Baloyi, Hughwinn Majiedt. Doelskoppe: Patrick Hattingh (3). Strafdoele: Patrick Hattingh, Justin Botha.

Old Georgians 26 (20) – Drieë: Jafnos Chiwanza, Takudzwa Chieza. Doelskoppe: Lenience Tambwera (2). Strafdoele: Lenience Tambwera (4).

Sishen 25 (6) – Drieë: Byron Booysen, Marlo van Rooyen, Samuel Muzaza. Doelskoppe: Henco Olivier, Jandré du Plessis. Strafdoele: Henco Olivier (2).

Valsbaai 35 (20) – Drieë: Marcello Sampson (2), Roan Dalzell, Jody Reyneke. Doelskoppe: Marcello Sampson, Adriaan Osman (2). Strafdoele: Adriaan Osman (3).

Opgesomde telkaart –

Groep A

Sasol Secunda 10, Impala 7, Vereeniging 5, Welkom 1, Bloemfontein Polisie 1.

Groep B

Northam 9, QBR 5, Old Georgians 5, Raiders 1, Vaal Reefs 1.

Groep C

Swallows 9, Tygerberg 6, Progress George 4, Progress Uitenhage 4, Old Selbornians 2.

Groep D

Valsbaai 10, College Rovers 5, Roses United 5, Western Suburbs 1, Sishen 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.