SWD Arende lê snoeiskêr kwistig in

Die SWD Arende se afrigter, Rynhard van As, het ná die afgelope nederlaag teen Grens in Oos-Londen die snoeiskêr kwistig ingelê vir Vrydag se kragmeting op Outeniekwapark in George teen Boland.

In die opdrafspan vervang Charles Radebe vir Shadward Fillies (bank toe) op regtervleuel; Kirsten Heyns vir Wilneth Engelbrecht (bank toe) op buitesenter; Justin Bhana van die bank af vir Adi Jacobs op linkervleuel; Dillen Snel (skrumskakel) ruil plekke van die bank af met Boela Abrahams; Daniël Maree kom van die bank af in die plek van Christo du Plessis; op haker vervang Jan van der Merwe van die bank af vir Jacques Vermaak; en die stut Theunis Nieuwoudt kom van die bank af, met Juandré Dique wat bank toe skuif.

Brianston Booysen en Thor Halvorsen is nuut op die bank.

Die span –

15. Leighton Eksteen, 14. Charles Radebe, 13. Kirsten Heyns, 12. Johnny Welthagen, 11. Justin Bhana, 10. Quaide Langeveldt, 9. Dillon Snel, 8. Daniël Maree. 7. Lodewyk Uys 6. Janneman Stander (kaptein), 5. Cornell Hess. 4. Brendon Snyman. 3. Basil Short. 2. Jan van der Merwe, 1. Theunis Nieuwoudt. Bank: 16. Brianston Booysen, 17. Juandré Dique, 18. Freginald Africa, 19. Thor Halvorsen, 20. Boela Abrahams, 21. Wilneth Engelbrecht, 22. Shadward Fillies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.