SWD-liga: Bridgton laat nog `n grote tuimel

groot-brakrivierBridgton van Oudtshoorn, wat reeds die Suidwestelike Distrikte (SWD) se kampioen, Evergreens, op sy kerfstok het, het Saterdag nog een van die bond se grotes in die Premierliga laat tuimel.

Hy het Mosselbaai Barbarians, een van verlede jaar se kwartfinaliste, 40-36 geklop en vier drieë teen drie gedruk.

Evergreens van Pacaltsdorp het ses drieë gedruk om die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) 38-19 te klop.

In die ander wedstryde het Progress (George) vir Groot-Brakrivier 52-30 geklop; Blanco het 33-18 teen Swellendam gewen; en Crusaders het 13-6 met Silver Stars afgereken.

♦ Demi Rhoode, die wedstrydsekretaris van Groot-Brakrivier, sê die span het aan die begin van die wedstryd baie goed gespeel en in stadiums gelyk of hy die wedstryd kan beklink.

Hy sê Ruben Loxson, die regtervleuel van Groot-Brak het twee pragdrieë gedruk en is as die speler van die wedstryd aangekondig.

Progress II het 17-14 en Progress III 32-5 gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.