SWD-liga: drie, vier punte die norm vir seges

SWD Arende - logoDie meeste wedstryde in die hoogs mededingende Premierliga van die Suidwestelike Distrikte (SWD) is Saterdag met slegs drie of vier punte gewen of verloor.

Bridgeton van Oudtshoorn het in `n mate verras deur Progress van George 24-20 te klop; Crusaders van George het 18-15 teen Blanco gewen; Barbarians van Mosselbaai moes wikkel om Silver Stars van George 10-7 onder te sit; en die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) se Saasveld-kampus kon net 17-13 teen Swellendam wen.

Die enigste uitsondering was die kampioen en voorloper, Evergreens van Pacaltsdorp, wat vir Groot-Brakrivier 24-15 geklop het.

♦ Intussen skud die Presidentsligaklubs hul vere reg vir die kwarteindronde wat Saterdag op Heidelberg en Prins Albert of Oudtshoorn plaasvind.

Laasgenoemde hang daarvan af of Willing Hearts (Prins Albert) of Spring Roses (Oudtshoorn) Woensdag se kragmeting tussen die twee in die Karoostreek wen.

Verder sien die kwarteindbepaling so daaruit:

Op Heidelberg speel Albertinia Rangers 14:00 teen Riversdal Blues, en Heidelberg 15:30 teen George; in die ander geval speel wie ookal van Willing Hearts en Spring Roses wen 14:00 op sy tuisdorp teen Jaguars van Plettenbergbaai; en Willowmore 15:30 teen All Blacks van Oudtshoorn.

Toegang kos R10 vir volwassenes en R5 vir skoolgaande kinders en motors.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.