SWD-liga: Dyssels maak Oudtshoorn kwaai skrik

dysseldorpDysselsdorp het Oudtshoorn Saterdag op laasgenoemde se tuisveld, die Rec, sommer baie groot in die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Karooliga laat skrik.

Die tuisspan het op die ou end 22-16 gewen, maar dit het nie altyd so maklik gelyk nie. Oudtshoorn was rustyd 10-6 voor.

Andries Jacobs, die sekretaris van Dysselsdorp, sê dit was `n klipharde wedstryd wat ook skouspelagtige hardlooprugby opgelewer het.

“Albei spanne se voorspelers het mekaar opgedreun en niemand wou bes gee nie.”

Hy berig met slegs vier minute speeltyd oor het Dysselsdorp se agsteman, Shavandre Briekwa, ná skitterspel dwarsdeur die verdediging genael om onder die pale te gaan druk.

“Die doelskop was in die kol en met Oudtshoorn slegs 17-16 voor, het die spanning hoogty gevier.

“Dysselsdorp wat verwoed aangeval, maar met die laaste beweging van die wedstryd het Oudtshoorn `n drie in die hoek gaan druk. Die doelskop was mis.

“Dysselsdorp `n waardevolle bonuspunt aangeteken deur met minder as sewe punte te verloor.”

Naas Briekwa se drie het Theo Titus (losskakel) drie strafdoele en `n doelskop vir die besoekers oorgeklits.

Dysselsdorp se tweede span het verras deur die gedugte tweede span van Oudtshoorn 17-10 te klop.

Granville Pedro (vleuel) en Chris Jaftha (stut) het die wenspan se drieë gedruk. Ben Gertse het al twee verdoel en `n strafdoel behaal.

Dysselsdorp speel eerskomende Saterdag op sy tuisveld teen Young Leaves van Waboomskraal.

Kusliga (Oos)

In die enigste wedstryd in die Kusliga (Oos) het Knysna United 52-5 teen United Stars gewen om Young Roses verby te steek en met `n enkele punt voor te loop. United het `n wedstryd meer as Roses gespeel.

Opgesomde punteleer –

Kusliga (Oos)

Knysna United 56, Young Roses 55, Excelsiors 49, Black Lions 36, United Stars 31, Greater Knysna 30, Super Stars 26, Pro Stars 13, Plett United 10, Perseverance 9.

(Klubbesture landwyd word genooi om bondige wedstrydverslae Maandae voor 11:00 vir publikasie aan Pale Toe! by [email protected] te stuur.)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.