SWD-liga: Dysselsdorp stuit voorloper in spore

dysseldorpDie rugbyspan van Dysselsdorp Rangers het die onoorwonne voorloper in die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Karooliga Saterdag in sy spore gestuit.

Rangers het grootliks verras deur Swings van Haarlem 31-0 te klop. Die rustydtelling was reeds 26-0.

Andries Jacobs, die sekretaris van Dysselsdorp, sê die telling sou veel groter gewees het as die skeidsregter nie noodgedwonge die wedstryd 22 minute vroeg moes beëindig toe sake op en van die veld hande uitgeruk het.

Hy sê die blaser het onder meer `n geel en rooi kaart aan van Swings se spelers uitgedeel.

“Op daardie stadium het Dysselsdorp reeds vyf skitterende drieë gedruk.Twee daarvan is deur die speler van die wedstryd, Shavandre Briekwa, gedruk.

“Die ander is deur Davestin Esau (heelagter), Theo Titus (losskakel) en Fergus Lewis (flank) gedruk.”.

Jacobs sê Dysselsdorp se voorspelers was gans te sterk vir dié van Swings en het alle fasette van die spel oorheers.

“Swings sal ernstig aan sy dissipline op en van die veld moet aandag gee.”

Uitblinkers vir Rangers was Briekwa en die twee flanke, Lee Roy Jansen en Lewis. Agterlangs het Esau weer `n barshou op die aanval gespeel.

Dysselsdorp speel eerskomende Saterdag tuis teen Glen Roses van Avontuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.