SWD-liga: Evergreens se titel lyk veilig

evergreens-logoTensy `n verrassing in die uitspeelronde opduik, lyk die Suidwestelike Distrikte se kampioen en Goue Bekerspan, Evergreens van Pacaltsdorp, se titel veilig.

Hy het dusver 11 van sy 13 wedstryde in die bond se Premierliga gewen, met sy vernaamste uitdager, Mosselbaai Barbarians, wat agt uit 13 gewen het.

Bridgton (Oudtshoorn) en Progress (George) is tans derde en vierde, maar Crusaders (George), Groot- Brakrivier en Blanco kan almal nog die halfeindronde in dié uiters mededingende en moeilik voorspelbare liga haal.

Presidentsliga

Die Langebergstreek se spanne het drie wat die topses in die gekombineerde puntestand. Heidelberg loop voor, Riverdal Blues is vierde en Albertina Rangers sesde.

Die Kusstreek het twee met Maori’s (George) wat tweede is en George vyfde.

Spring Roses (Oudtshoorn), die enigste span uit die Karoostreek wat as streekvoorloper `n verskanste plek in die topses het, is derde.

Wat die Karoostreek betref, het Roses en sy dorpsgenoot Harlequins albei 31 punte en Willing Hearts (Prins Albert) 30. Quins het egter twee wedstryde meer gespeel.

In die Kusstreek het Maori’s `n goeie voorsprong, met Jaguars en Thistles wat in George se nek blaas.

Riversdal Blues lyk na die enigste bedreiging vir Heidelberg in die Langebergstreek.

Opgesomde punteleer –

Premierliga

Eerste spanne

Evergreens 57, Barbarians 40, Bridgton 40, Progress 39, Crusaders 35, Groot-Brakrivier 34, Blanco 32, Silver Stars 27, NMMU 22, Swellendam 12.

Tweede spanne

Barbarians 55, Groot-Brakrivier 50, Bridgton 48, Evergreens 42, Progress 35, Blanco 35, Silver Stars 19, Crusaders 17, Swellendam 16, NMMU 13.

Derde spanne

Barbarians 55, Groot-Brakrivier 52, Evergreens 41, Blano 37, Progress 34, Crusaders 30, Bridgton 28, Silver Stars 26, Swellendam 8, NMMU 0.

Presidentsliga (Karoo)

Eerste spanne

Spring Roses 31, Harlequins 31, Willing Hearts 30, Beaufort-Wes 26, Willowmore 25, All Blacks 22, Uniondale 22, Collegians 17.

Tweede spanne

Willowmore 31, Beaufort-Wes 30, All Blacks 26, Spring Roses 22, Harlequins 22, Uniondale 22, Willing Hearts 20, Collegians 18.

Presidentsliga (Kus)

Eerste spanne

Maori’s 41, George 35, Jaguars 33, Thistles 31, Bitou 23, Happy Hearts 19, Eagle Stars 11, Mosselbaai 1.

Tweede spanne

Maori’s 41, Thistles 32, Eagle Stars 27, Jaguars 26,George 26, Bitou 19, Happy Hearts 11, Mosselbaai 1.

Presidentsliga (Langeberg)

Eerste spanne

Heidelberg 43, Riversdal Blues 39, Albertinia Rangers 33, Ladismith 22, Seagulls 20, Barrydale 17, Arrows 15, Zoar 3.

Tweede spanne

Heidelberg 44, Albertinia Rangers 35, Riverdal Blues 34, Ladismith 29, Seagulls 28, Arrows 13, Barrydale 5, Zoar 1.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.