SWD-liga: Evergreens soveelste keer bo

SWD Arende - logoEvergreens van Pacaltsdorp het sy oorheersing van die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga Saterdag voortgesit en die reeks vir die soveelste keer gewen.

Die kampioen het weliswaar vanjaar in die rondomtalie `n paar keer slae gekry, maar was nogtans ver voor op die punteleer toe die uitspeelrondes aangebreek het.

Hy het Mosselbaai Barbarians 36-23 in die eindstryd geklop en daarmee `n prys van R10 000 in sy sak gesteek.

Leegan Moos, die kampioen se heelagter, was die speler van die wedstryd.

Presidentsliga

♦ Maori’s van George het die Presidentsliga gewen en R7 000 asook bevordering tot die Premierliga daarmee verdien.

Hy het Riversdal Blues 22-11 in die eindstryd geklop, en die nommer 4-slot, Charl Roman, was die speler van die wedstryd.

Maori’s se bevordering beteken daar sal aanstaande jaar vyf spanne van George tussen die tien in die bond se uitsoekliga tel.

Progress, Crusaders, Silver Stars en die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) is reeds daar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.