SWD-liga: Groot-Brak sorg vir verrassing

Groot-Brakrivier het Saterdag vir ʼn lekker verrassing in die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga gesorg.

Hy het die naasvoorloper, Bridgton van Oudtshoorn, tot ʼn gelykop uitslag van 29-29 gedwing.

Elkeen van die spanne het vier drieë gedruk.

Die voorloper, Progress van George, het sy posisie verstewig met ʼn oortuigende sege van 48-22 oor Blanco.

Evergreens van Pacaltsdorp, die verdedigende kampioen en die SWD se Goue Bekerspan die afgelope paar jaar, het met 25-15 teen Crusaders (George) gewen.

Mosselbaai Barbarians het met 20-7 teen Silver Stars, nog ʼn George-klub, geseëvier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.