SWD-liga: kampioen kry derde pak slae vanjaar

Die Suidwestelike Distrikte se verdedigende kampioen, Evergreens van Pacaltsdorp, het Saterdag sy derde pak slae in vanjaar se Premierliga op die lyf geloop.

Bridgton van Oudtshoorn het hom met 27-20 getroef.

Groot-Brakrivier het op sy beurt die voorloper in die reeks, Progress van George, hard laat werk om met 19-18 te wen.

Barbarians van Mosselbaai het Blanco met 53-12 verniel; en Crusaders het Maori’s (albei van George) met 31-17 verslaan.

Opgesomde punteleer –

Premierliga

Eerstespanne

Progress 52, Bridgton 47, Evergreens 42, Barbarians 42, Crusaders 41, Groot-Brakrivier 33, Silver Stars 32, Maori’s 19, Blanco 17, NMMU 11.

Tweedespanne

Barbarians 49, Bridgton 43, Progress 40, Crusaders 37, Evergreens 36, Groot-Brakrivir 36, Silver Stars 30, Blanco 27, Maori’s 7, NMMU 1.

Derdespanne

Bridgton 51, Groot-Brakrivier 47, Barbarians 42, Crusaders 41, Evergreens 39, Progress 30, Blanco 29, Silver Stars 22, Maori’s 6, NMMU 0.

Presidentliga

Karoo

Eerstespanne

Prins Albert 52, Harlequins 44, Collegians 35, All Blacks 32, Spring Roses 27, Beaufort-Wes 26, Willowmore 25, Dysselsdorp 10, Uniondale 11.

Tweedespanne

Prins Albert 45, Willowmore 42, Spring Roses 39, Beaufort-Wes 39, Harlequins 25, All Blacks 21, Collegians 21, Uniondale 15, Dysselsdorp 6.

Kus

Eerstespanne

George 49, Eagle Stars 30, Happy Hearts 28, Bitou 26, Jaguars 31, Young Roses 29, Hungry Lions 23, Garden Route 21, Thistles 19.

Tweedespanne

George 40, Eagle Stars 38, Bitou 36, Young Roses 37, Jaguars 30, Hungry Lions 25, Garden Route 24, Thistles 16, Happy Hearts 3.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.