SWD-liga: kampioen veg vroeg om boonste plek

Met die afhandeling van die derde ronde van die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga moet die kampioen nog met die tweede plek op die punteleer tevrede wees.

Die voorloper, Crusaders (George), kan boonop Saterdag die gaping rek as hy tuis teen Silver Stars (George) speel, want die kampioen, Evergereens (Pacaltsdorp), is nie dié naweek in aksie nie.

In Saterdag se ander wedstryde speel Progress (George) tuis teen Bridgton van Oudtshoorn; en Blanco is die gasheer vir die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) se George-kampus.

Bridgton, wat verlede jaar een van die uitskieters in die reeks was, het dusver albei sy wedstryde verloor, en sal waarskynlik ʼn magtige poging aanwend om hom weer te laat geld.

Blanco behoort te wen teen die studente wat die afgelope jaar teleurgestel het. Laasgenoemde soek ná vier wedstryde nog ʼn sege.

Opgesomde punteleer –

Premierliga

Eerste spanne: Crusaders 15, Evergreens 14, Grootbrakrivier 11, Silver Stars 10, Blanco 8, Barbarians 6, Progress 4, Bridgton 4, NMMU 3, Maori’s 2.

Tweede spanne: Crusaders 13, Groot-Brakrivier 12, Silver Stars 9, Bridgton 9, Blanco 6, Barbarians 6, Evergreens 6, Progress 5, Maoris 2, NMMU 0, Crusaders 10, Evergreens 10, Blanco 10,

Derde spanne: Crusaders 10, Evergreens 10, Blanco 10, Silver Stars 9, Groot-Brakrivier 9, Barbarians 9, Bridgton 8, Maori’s 1, Progress 0, NMMU 0.

Presidentsliga (Karoo)

Eerste spanne: Willing Hearts 5, Beaufort-Wes 5, All Blacks 4, Spring Roses 4, Uniondale 1, Dysselsdorp 1, Harlequins 1, Willowmore 1, Crusaders 0.

Tweede spanne: Beaufort-Wes 5, All Blacks 5, Willing Hearts 5, Spring Roses 4, Willowmore 2, Uniondale 1, Collegians 0, Harlequins 0, Dysselsdorp 0.

Presidentsliga (Kus)

Eerste spanne: Happy Hearts 5, Eagle Stars, Thistles, Jaguars 4, George 1, Garden Route 1, Hungry Lions 1, Bitou 0.

Tweede spanne: Garden Route 5, Jaguars 5, Eagle Stars 5, Hungry Lions 4, Thistles 1, Bitou 0, George 0, Happy Hearts 0.

Presidentsliga (Langeberg)

Eerste spanne: Zoar 10, Arrows 8, Ladysmith 6, Albertinia Rangers 5, Heidelberg 4, Riversdal-Dorp 2, Seagulls 1, Riversdal Blues 0, Black Birds 0.

Tweede spanne: Arrows 10, Seagulls 10, Riverdal-Dorp 5, Riversdal Blues 4, Black Birds 4, Zoar 1, Albertinia Rangers 0, Heidelberg 0, Ladismith 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.