SWD-liga: Kus-kollig op Hungry Lions, Proteas

SWD Arende - logoDie kollig in die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Kusliga val Saterdag die skerpste op die wedstryd tussen Hungry Lions en Proteas in die Suidstreek.

Lions is teen die einde van die tweede ronde die byna onaantasbare voorloper in die reeks en Proteas is derde.

Albei moes verlede Saterdag kliphard vir `n sege werk. Lions het uiteindelik 20-18 teen Garden Route gewen, en Proteas 22-18 teen Black Warriors.

Peter Witbooi, die streekvoorsitter, sê `n kwaai stryd word in die tweede ronde verwag.

Ander mededingende wedstryde Saterdag kan dié in die Oosstreek tussen Black Lions en Groter-Knysna, en tussen United Stars en Super Stars wees.

Wat die res van die Ooste betref, lyk dit na klopdisselboomgang vir Young Roses teen Plett United, vir Knysna United teen Pro Stars, en vir Excelsiors teen Perseverance.

In die Suide behoort Titans redelike teenstand teen Universals te bied; en Black Warriors kan nie Black Dolphins onderskat nie. Garden Route behoort Shamrocks sonder moeite te klop.

Vorige uitslae –

Oosstreek

Young Roses 13, Excelciors 6; Pro Stars 15, Plett United 5; Groter Knysna 36, Perseverance 22; Knysna United 20, Superstars 0; Black Lions 39, United Stars 11.

Suidstreek

Shamrocks 5, Winter Roses 3; Black Dolphins 12, Titans 8; Hungry Lions 20, Garden Route 18; Proteas 22, Black Warriors 18.

Opgesomde punteleer –

Kusliga

Oosstreek

Young Roses 45, Knysna United 41, Excelsiors 40, Black Lions 31, Groter Knysna 25, Super Stars 24, United Stars 22, Pro Stars 13, Plett United 10, Perseverance 9.

Suidstreek

Hungry Lions 43, Garden Route 36, Proteas 29, Universals 27, Black Warriors 27, Titans 22, Black Dolphins 14, Shamrocks 11, Winter Roses 2.

Suidstreek B

Hungry Lions 4, Titans 3, Universals 2.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.