SWD-liga: mededinging uit staanspoor in snelrat

SWD Arende - logoMededinging in die genadelose Premierliga van die Suidwestelike Distrikte (SWD) is sommer uit die staanspoor in snelrat.

Die kampioen, Pacaltsdorp Evergreens, speel Saterdag teen die vierde geplaasde semifinalis van verlede jaar, Barbarians van Mosselbaai.

Die titelhouer het verlede Saterdag afgeskop met `n goeie sege teen die Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) se Georgekampus, wat verlede jaar derde was.

Die NMMU se taak Saterdag is nie veel makliker nie, want hy pak verlede jaar se naaswenner, Progress van George, op dié se tuisveld.

Swellendam, die nuweling in die Premierliga nadat hy verlede jaar die Presidentsliga gewen het, sal uit die staanspoor sy staal moet toon wanneer hy in sy eerste wedstryd teen Crusaders van George, die agteros van verlede jaar se oorblywende spanne in die senior liga, te staan kom.

In die ander ander bepalings speel Bridgton (Oudtshoorn) teen Blanco en Groot Brakrivier teen Silver Stars (George).

♦ Die wedstryde in die Presidentsliga begin eers op 2 April.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.