SWD-liga: naelbytstryde oorheers, drieë skaars

Naelbytstryde het Saterdag se wedstryde in die Suidwestelike Distrikte-rugbyunie (SWDRU) se Premierliga oorheers, en slegs een span kon vier drieë vir ʼn bonuspunt druk.

Crusaders, wat weer tussen die voorste vier tel, kon slegs met 21-20 teen Silver Stars wen; en Barbarians, wat vanjaar sy 25ste verjaardag vier, het met 20-19 teen Groot-Brakrivier gewen, en sal moet wikkel om weer die topvier te haal.

Die verdedigende kampioen, Evergreens, het vyf drieë teen die Maori’s gedruk, en is derde op die punteleer ná sy sege van 32-0.

Die deurslaggewende wedstryd tussen die voorlopers, Bridgton en Progress, is tot 25 Junie uitgestel.

Opgesomde punteleer –

Progress 43, Bridgton 43, Evergreens 41, Crusaders 37, Barbarians 37, Groot-Brakrivier 37, Silver Stars 32, Maori’s 19, Blanco 17, NMMU 11.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.