SWD-liga: NMMU met rug teen die muur

SWD Arende - logoDie Nelson Mandela- Metropolitaanse Universiteit (NMMU) staan Saterdag met die rug teen die muur in die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga.

Die Saasveldse studente sal Crusaders moet klop as hy weer vanjaar met die voorste spanne wil saamgesels – en Crusaders blyk die verrassingspakkie hierdie seisoen te wees.

Hy is tans derde ná Evergreens en Groot-Brakrivier op die punteleer.

Progress se kragmeting teen Silver Stars en Barbarians s’n teen Blaco sal ook fyn dopgehou word. Enige van die vier spanne kan wen, en die uitslae sal `n goeie aanduiding gee watter spanne die voorlopers kan uitdaag.

Die onoorwonne SWD-kampioen en Goue Bekerspan, Evergreens van Pacaltsdorp, behoort maklik teen die nuweling in die liga, Swellendam, te wen; en Groot-Brak kan net homself verkwalik as hy teen Bridgton verloor.

Opgesomde punteleer –

Premierliga

Evergreens 24, Groot-Brakrivier 17, Crusaders 13, Barbarians 10, Blanco 9, Progress 7, Silver Stars 7, Bridgton 7, NMMU 7, Swellendam 1.

Presidentsliga (Karoo)

Spring Roses 5. Willing Hearts 5, Uniondale 4, All Blacks 4, Beaufort-Wes 2, Willowmore 1, Harlequins 1, Collegians 0.

Presidentsliga (Kus)

George 5, Maori’s 5, Happy Hearts 4, Bitou 2, Jaguars1, Thistles 0, Mosselbaai, 0, Eagle Stars 0.

Presidentsliga (Langeberg)

Heidelberg 5, Albertinia Rangers 5, Riversdal Blues 5, Ladismith 4, Barrydale 1, Seagulls 0, Arrows 0, Zoar 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.