Die Suidwestelike Distrikte se Premierliga-kampioen, Evergreens van Pacaltsdorp, het `n nuwe uitdager in die eindstryd nadat verlede jaar se naaswenner in die halfeindronde uitgeskakel is.
Barbarians van Mosselbaai het dié keer vir Progress van George 49-27 in die halfeindronde geklop.
Die kampioen het sy plek in die eindstryd Saterdag op Outeniekwapark, George, verseker deur Bridgton (Oudtshoorn) 44-23 te klop.
Evergreens het verlede jaar se eindstryd teen Progress 39-26 gewen, nadat hy rustyd 19-16 voorgeloop het.
Al drie Barbarians se spanne is in die eindstryd van hul onderskeie afdelings. Die tweede span het Groot-Brakrivier 31-14 geklop, en die derde eweneens vir Groot-Brak 13-3.
Evergreens se tweede het die knie 13-14 voor Bridgton gebuig, maar die derde span het Blanco 18-13 uitgeskakel.
In die Presidentsliga het Riversdal Blues vir albei eindstryde in aanmerking gekom deur Heidelberg onderskeidelik 12-7 en 23-13 te klop.
Die Maori’s (George) se tweede span het Willowmore 11-8 geklop.
Karooliga
In die eindstryde in die Karooliga op die Bridgton-sportterrein in Oudtshoorn speel Calitzdorp teen Dysseldorp, en Adias II (Oudtshoorn) teen Oudtshoorn II.
Die wedstryde op Outeniekwapark begin 09:00 en die op Oudtshoorn 14:00.